# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het na openbare verontwaardiging bevestig ‘n buitelandse burger is in ‘n senior bestuursrol aangestel. Daar is 16 senior bestuurders en een is ‘n buitelander, terwyl sewe uit die 169 personeellede buitelandse burgers is. Die kommissie het bewerings betwis dat die meeste van sy werksmag buitelanders is, en beskryf dit as vals […]
# Die eerste groep ernstige siek kinders van Gaza het in Brittanje aangekom ingevolge ‘n plan wat hulle toelaat om dringende mediese behandeling te ontvang. ‘n Tussen-regeringstaakmag het weke lank beplan aan die ingewikkelde humanitêre operasie om die kinders en hul onmiddellike gesinslede te ontruim vir spesialis-sorg in die staatsbeheerde Nasionale Gesondheidsdiens. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê […]
# Rugby: Die Springbokstut Wilco Louw sal op ‘n langtermynkontrak vanaf die Bulle terugkeer na die Stormers aan die begin van die 2026/27-seisoen. Die oudleerling van HTS Drostdy in Worcester het in 2015 sy buiging vir die Stormers gemaak. Hy keer terug na die span wat hy as kind ondersteun het en vir wie hy […]
# Die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala bly in aanhouding nadat die Alexandra-Landdroshof in Gauteng hom borgtog geweier het. Matlala word daarvan beskuldig dat hy in 2023 ’n sluipmoordpoging gereël het op sy voormalige vriendin, die aktrise Tebogo Thobejane. Hy, sy vrou en drie ander staan tereg op aanklagte van poging tot moord, korrupsie en […]
# Krieket: Die seun van die voormalige Proteas-kaptein, Kepler Wessels, het sy buiging as skeidsregter gemaak in Australië se Eendagbekerkompetisie. Die 39-jarige Riki is in Australië gebore terwyl sy pa toetskrieket vir Australië gespeel het voor sy terugkeer na Suid-Afrika. Riki het vroeër in Engeland krieket gespeel, waar hy Worcestershire, Northamptonshire en Nottinghamshire verteenwoordig het. […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy vrou, Melania, het aan boord van Marine One by Windsor-kasteel aangekom. Die prins en prinses van Wallis het hulle ontvang vir hul tweede staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk. Hulle het daarna by die koning en koningin aangesluit vir ‘n koets-optog deur die Windsor-landgoed, voor ‘n verbyvlug en […]
# Die waarnemende data-ontledingsbeampte van die Nasionale Tesourie, Ayanda Hlatshwayo, het aan die Parlement gesê hulle gebruik ‘n proses om biometriese en fotodata met die Departement van Binnelandse Sake te verbind om amptenare sonder geldige ID-nommers te identifiseer. Hlatshwayo sê die stelsel toon afwykings in salaris- en administratiewe datastelle, insluitend bankrekeninge. Sy bevestig daar word […]
# Sokker: ‘n Middelveldspeler van Ghana en Villarreal, Thomas Partey, het onskuldig gepleit op aanklagte dat hy twee vroue verkrag het en ‘n derde seksueel aangerand het. Die 32-jarige, voormalige speler van Arsenal, staan tereg op vyf aanklagte van verkragting asook een klagte van seksuele aanranding. Partey is borgtog toegestaan en sal weer in November […]