# Die Stad Tshwane verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor die 2019 Rooiwal-watersuiweringsaanleg-tender. Die hof het ʼn besluit om ʼn tender vir die aanleg se opgradering aan die konsortium Blackhead Consulting, NJR Projects en CMS Water Engineering toe te ken, ongeldig verklaar. Die hof het beslis die maatskappye moet die wins uit die […]
# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is onder skoot nadat hy ʼn hofbevel veronagsaam het om meer as nege-miljoen-rand aan die Insika-stigting te betaal. Die stigting het die hof genader om die departement te dwing om te betaal vir dienste wat gelewer is, en dis toegestaan. Die departement het geappelleer, maar die […]
# Die Wêreldbank-groep en die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn ooreenkoms onderteken om saam te werk om die veilige, seker en verantwoordelike gebruik van kernenergie in ontwikkelende lande te ondersteun. Tans bedryf 31 lande kernkragaanlegte wat sowat nege-persent van die wêreld se elektrisiteit opwek, wat neerkom op byna ʼn kwart van die wêreld se laekoolstofkrag. Die […]
# Die veelbekroonde sangeres, liedskrywer en maatskaplike aktivis, Simphiwe Dana, vier vandag en môre 20 jaar in die musiekbedryf met konserte in die Baxter-teater in Kaapstad. Sy sal verskeie besonderse liedjies in haar repertorium sing, insluitend dié op haar debuutalbum, Zandisile. Dana beklemtoon haar stemontwikkeling oor die afgelope 20 jaar is die bewys van haar […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, waarsku die huidige wêreldwye momentum van wedywering ondersteun die versplintering van ekonomieë en konflik wat wêreldvrede bedreig. Hy het ‘n hoëvlak-vergadering toegespreek op die derde G20-sjerpa-byeenkoms in Noordwes. Lamola sê ingewortelde uitdagings moet aandag kry om ‘n wêreldwye beredeneerde benadering terug te eis wat op […]
# Die Stad Tshwane sê hy maak vordering met die inkontraktering van een-duisend-283 sekerheidswagte wat tans in die metro se sekerheidstrukture werk. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê ʼn gedetailleerde verslag aan die raad het ʼn finansieel haalbare, meerjarige plan uiteengesit om belangrike werksvoordele in te faseer. Sy sê dit sluit […]
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA sê hy is nie bewus van moontlike afleggings by Denel as deel van die staatsinstelling se omkeerstrategie nie. Denel se uitvoerende hoof, Tshepo Monaheng, het verlede week aan die Parlement gesê die instelling bly onder druk weens skuld en oorweeg afleggings en die verkoop van sekere bates om sy kontantreserwes aan […]