#Motorsport: Die McLaren-renjaers Lando Norris en Oscar Piastri hou vol dat dit hulle vrystaan om met mekaar mee te ding ondanks hulle botsing in die Kanadese Grand Prix. Norris moes onttrek nadat hy in Montreal agter-in Piastri se motor vasgery het. Piastri is tans die voorloper in die bestuurders-kampioenkap. Spanhoof Andrea Stella sê hy verwag […]
# Rhodes Universiteit sê hy versterk vanjaar sy jare lange verhouding met die Nasionale Kunstefees met ʼn kragtige aanbieding wat navorsing en vertoonkuns kombineer. Die kern van die program is Childhood in Chalk, wat deur die universiteit se Drama- en Onderwysdepartemente geskep is en handel oor die skoolboikotte in Fingo Village. Storievertel neem ʼn ander […]
# Die Kanadese Parlement het die One Canadian Economy Act goedgekeur wat beoog om handelsgrense te verwyder, nasiebouprojekte te bevorder en ekonomiese groei te laat opvlam. Die wetgewing word gesien as ‘n manier om die tariewe van die Amerikaanse president, Donald Trump, teen te staan. Trump het die tariewe op Kanadese staal, aluminium en sy […]
# Die DA in die Wes-Kaap het inwoners versoek om oplettend te wees en owerhede in die vakansie te help om vandalisme en diefstal by plaaslike skole te help voorkom. Skole sluit vandag vir die Junie/Julie-vakansie. Leon van Wyk van die DA sê gedurende die skoolvakansie in Maart was daar 26 voorvalle van diefstal en […]
# Temperature van onder vriespunt word weens ‘n nuwe kouefront vir die naweek in die meeste dele van die Stad Johannesburg voorspel. Verskeie gebiede in die metro ondervind reeds temperature van benede vriespunt. Die woordvoerder van Johannesburg se Nooddiensbestuur, Robert Mulaudzi, sê hulle is voorbereid op enige noodtoestande wat mag voorkom:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, wens leerders, onderwysers en skoolpersoneel ‘n veilige en vredevolle Junie/Julie-vakansie toe na ‘n baie besige tweede kwartaal. Hy het matriekleerders en onderwysers wat ‘n deel van die vakansie sal opoffer om #BackOnTrack-lesse en opleiding by te woon, bedank. Maynier vra ook dat gemeenskappe hul skole in die […]
# Altesaam 21 minibustaxi’s sonder geldige permitte is gister tydens Operasie Shanela in Pretoria-Noord en Akasia geskut. Boetes van 126-duisend-rand is ook uitgereik. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 21 drankwinkels is in albei gebiede geïnspekteer en ses is gesluit omdat hulle die Drankwet oortree: