# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Afrika moet ophou om net onverwerkte grondstowwe te verskaf. Lamola het tydens die derde G20 vergadering van Sherpa-afgevaardigdes gevra vir ‘n kritieke mineraalraamwerk om veredeling, nywerheidsgroei en werkskepping te bevorder. Lamola moedig ook samewerking aan tussen die Globale Noorde en Suide vir billike ontwikkeling. […]
# Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het besluit om die proses vir die verkiesing van toekomstige gasheerstede vir die Somer- en Winterspele te onderbreek. Dit volg na ‘n tweedaagse uitvoerende raadsvergadering in Lausanne, Switserland. Die president van die IOK, Kirsty Coventry, sê hulle sal ‘n werksgroep stig wat sal kyk na die bod-proses en […]
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging gaan Dinsdag twee e-handelplatforms bekendstel. Die platforms word aangebied deur ProudlySA en sal plaaslik vervaardigde produkte aan verbruikers bied. ProudlySA sê dit sal klein, medium en mikro-ondernemings ondersteun. Een platform sal korporatiewe kopers help om plaaslike verskaffers te vind terwyl die ander een klante sal help om […]
# ‘n Pas gegradueerde PhD-student aan die Universiteit Pretoria se Fakulteit Geesteswetenskappe hoop haar navorsing sal help om groot getalle Suid-Afrikaners te help om oor-die-toonbank-gehoorapparate te kan kry wanneer hulle dit nodig het. Anders as in Amerika waar hierdie gehoorapparate deur die voedsel-en-medisyne-administrasie beheer word, geld dit nog nie in Suid-Afrika nie. Doktor Megan Knoetze […]
# Die Wes-Kaapse regering waarsku motoriste om waaksaam te bly omdat verskeie paaie reg oor die provinsie deur oorstromings geraak word. Dit volg nadat ʼn koue front met swaar reën die provinsie Woensdag getref het. Volgens weervoorspellings sal die nat weer nog tot die naweek en selfs volgende week voortduur. Die LUR vir Beweeglikheid, Isaac […]
# Vier oudstudente van die Universiteit van Kaapstad het gereageer op die kommerwekkende ongeletterdheidsvlakke in die land deur ʼn bron met kinderboeke, getiteld TAQA, in videoboek-formaat te skep. Dit integreer die geskrewe, geïllustreerde en luister-dele van ʼn boek om interessante kinderstories te skep. Volgens die studie oor vordering in internasionale leesgeletterdheid kan meer as 80-persent […]
# Tshwane se speaker, Mncedi Ndzwanana, het die DA se bewerings teen hom verwerp en sê dis ongegrond. Die ATM-raadslid het gister die DA-gesteunde mosie van wantroue teen hom oorleef. Ndzwanana sê die bewerings dat hy raadsittings hanteer op grond van emosies in plaas van volgens behoorlike prosedures, is onregverdig en onwaar:
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus moes noodgedwonge ‘n laat verandering aan sy span aanbring vir môre se wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad. Kaptein Siya Kolisi moes onttrek weens ‘n ligte besering en Jesse Kriel sal die span aanvoer. Erasmus het Marco van Staden in Kolisi se plek in die opdrafspan gekies, en hy sal […]