# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het ‘n reeks maatreëls aangekondig om sekerheid te verbeter by die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad na die moord op ‘n beskuldigde. Dingalomoyo Chintso is vroeër vanjaar in die hof doodgeskiet. Direkteur-generaal Doctor Mashabane het die aanbring van ‘n sekerheidskandeerder, die opskerp van toegangsbeheer en die […]
# Die DA in die Noord-Kaap het die provinsiale wetgewer versoek om die fasilitering van ‘n gesamentlike komiteevergadering te bespoedig. Die party sê dit is om die Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling aanspreeklik te hou vir die uitstel van sy jaarlikse oudituitkoms oor sy omstrede kantoorhuurkontrak. Reinette Liebenberg van die DA sê die departement […]
# Die Internasionale Lugvervoervereniging het sy Volhoubare Pasgemaakte Stalerbrandstofplatform bekendgestel om lugdienste en volhoubare stralerbrandstofvervaardigers te verbind deur die Lugvaartenergie-spilpunt. Die platform, wat ten doel het om die aanvaarding van volhoubare stralerbrandstof te versnel, sal doeltreffendheid, konnektiwiteit en deursigtigheid met verkrygings verbeter. Marie Owens Thomsen van die vereniging sê die platform ondersteun netto-nul doelwitte teen […]
# Sokker: Vinicius Junior het ‘n sprankelvertoning gelewer met ‘n doel en ‘n bystand-doel toe Real Madrid sy plek in die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi beklink het met ‘n oorwinning van 3-0 oor Salzburg. Gonzalo Garcia het die oorwinning laat in die wedstryd verseker met sy tweede doel van die toernooi. Dit beteken Xabi […]
# Kopanang Africa Against Xenophobia sê hy is diep besorg oor groepe soos Operasie Dudula wat buitelandse burgers onwettig verhoed om openbare gesondheidsorg in die land te gebruik. Dorothy Mabelebele van die organisasie sê Suid-Afrikaanse wetgewing verbied diskriminasie vir die lewering van gesondheidsorg op grond van nasionaliteit. Sy sê alle mense het die reg op […]
# Indië het die betrokkenheid van ‘n Verenigde Nasies-lugvaartondersoeker by die ondersoek na die dodelike Air India-ongeluk in Ahmedabad geweier. Twee-honderd-en-sewentig mense is in die ongeluk dood. Die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie het waarnemerstatus vir een van sy deskundiges versoek, maar die Indiese owerhede het dit van die hand gewys. Indië se Ondersoekburo vir Vliegtuigongelukke lei die […]
# Die DA veroordeel wat hulle beskryf as die ANC se blatante misbruik van die Ngwathe Munisipale Raad in die Vrystaat om ‘n besluit goed te keur wat reeds agter geslote deure geneem is. Gedurende ‘n spesiale raadsvergadering, is die raad gevra om te besluit om te appelleer teen ’n hofuitspraak wat die raad ontbind […]
# Die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo gaan na verwagting vandag ‘n geskiedkundige vredesverdrag in Washington onderteken in die teenwoordigheid van hulle Amerikaanse ampsgenoot, Marco Rubio. Die ooreenkoms, wat deur Katar en Amerika bemiddel is, sluit gesamentlike veiligheidskoördinering, die ontwapening van gewapende groepe en vlugtelinge se terugkeer in. […]