# Tennis: Carlos Alcaraz begin die verdediging van sy Wimbledon-titel teen Fabio Fognini nadat die loting vandag gedoen is. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, kan moontlik in ‘n halfeindstryd teen Novak Djokovic speel. Alcaraz het Djokovic in die laaste twee eindstryde kafgedraf en 18 agtereenvolgende oorwinnings behaal op pad na Wimbledon. Die Spanjaard hoop om slegs […]
# Tennis: ‘n Nuwe era breek Maandag op Wimbledon aan wanneer die beroemde grasbaantoernooi die eerste keer in sy geskiedenis van 148-jaar sonder lynregters sal klaarkom. Hulle word vervang deur die elektroniese stelsel wat reeds gebruik word deur twee ander Grand Slam-toernooie, die Amerikaanse en die Australiese Ope. Die toernooidirekteur, Jamie Baker, sê hulle moet […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile het die onlangse aanvalle op Iran veroordeel en vra ‘n blywende wapenstilstand in wêreldwye konflikte. Hy het tydens die G20-jeuggesprek in Sandton, Gauteng, die jeug wêreldwyd aangemoedig om saam te staan en voorstanders vir vreedsame oplossings te wees. Mashatile sê Suid-Afrika verstaan die uitwerking van oorlog op gewone mense en beklemtoon […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile het jongmense gevra om die voortou te neem met die bou van ‘n meer inklusiewe en volhoubare wêreld. Hy het tydens die G20-jeuggesprek in Sandton, Gauteng, gesê die jeug moet ‘n aktiewe rol in besluitneming speel en nie net as begunstigdes gesien word nie. Mashatile het beleggings in onderwys, digitale vaardighede, […]
# Die DA in Noordwes beweer die onderburgemeester van Tshwane en burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, skuld die Noordwes-behuisingskorporasie 12,5-miljoen-rand in onbetaalde huur vir die Morula Sun-eiendom. Die eiendom word blykbaar deur sy onderneming Mzanzi Resorts gehuur. Die DA-lid, CJ Steyl sê die huurkontrak het in 2019 teen 150-duisend-rand per maand begin en is verleng […]