# Misdaadintelligensie-hoof Dumisani Khumalo en vyf senior polisie-beamptes is elk borgtog van tien-duisend rand deur Pretoria Landdroshof toegestaan. Hulle staar korrupsie- en bedrogklagtes in die gesig wat verband hou met Dineo Mokwele se omstrede senior aanstelling ten spyte van ’n gebrek aan polisie-ervaring. Die hoof- finansiële beampte van Misdaadintelligensie, Philani Lushaba, is borgtog geweier weens […]
# Die dringende hofaansoek van die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, teen sy skorsing is met koste van die hand gewys in die Hooggeregshof in Pretoria. Regter Graham Moshoana het beslis dat die fonds se besluit wettig en redelik was. Letsoalo is geskors omdat hy die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge […]
# ‘n Israelse hof het premier Benjamin Netanyahu se versoek verwerp om sy getuienis in sy korrupsieverhoor uit te stel nadat die Amerikaanse president Donald Trump gevra het dat die saak uitgegooi word. Netanyahu se regsverteenwoordiger het vroeër gevra sy kliënt moet die volgende twee weke verskoon word sodat hy op veiligheidskwessies kan konsentreer na […]
# Die Stad Kaapstad sê nat en stormagtige weer kan oor die naweek bedrywighede by begraafplase in die metro ontwrig. Die stad se Departement van Parke en Ontspanning waarsku die aanhoudende reën veroorsaak hoë grondwatervlakke en kan grafgrawing en die oopmaak van familiegrafte beïnvloed. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê hoewel wintergereedheidsplanne […]
# Die Suid-Afrikaanse Studentefederasie het die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, veroordeel oor haar teenstrydige hantering van studenteklagtes en kwessies rondom die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die federasie kritiseer die onverklaarde onttrekking van ‘n openbare verklaring wat hulle memorandum erken en bevraagteken die meriete van aanstellings op die NSFAS-raad. Hy dring aan op […]