# Die ANC sê die gehalte van sommige van sy kaderontplooiings, veral in munisipaliteite, laat veel te wense oor. Slegs 41 uit 257 rade het ‘n skoon oudit ontvang in die 2023/24-boekjaar. Volgens die Ouditeur-Generaal het 99 munisipaliteite ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang met bevindinge oor prestasie-inligting en nakoming. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientso […]
# Verenigde Nasies se konferensie oor handel en ontwikkeling sê hoewel plastiek regstreeks verbind word met besoedeling, verlies aan bioverskeidenheid en klimaatsverandering, is daar steeds geen omvattende internasionale verdrag om die samestelling, vervaardiging, handel en wegdoening te bestuur nie. Die jongste Wêreldhandel-bywerking toon plastiekvervaardiging het in 2023 wêreldwyd 436-miljoen metrieke ton bereik. Altesaam 75-persent van […]
# Die African Transformation Movement het die afskuwelike dade van kindermishandeling en -uitbuiting in die land veroordeel. Dit volg na die inhegtenisneming van ‘n 59-jarige man verlede week, wat in besit gevind is van meer as 56-duisend video’s en foto’s wat seksuele mishandeling van kinders uitbeeld. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê hulle […]
# Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, twee weke gegee om ‘n plan te formuleer om die metro se verkwistende, onreëlmatige en ongemagtigde uitgawes te beperk. Dit het die metro het in die 2023/24-boekjaar meer as 24-miljard-rand gekos. Die minister waarsku versuim om op te tree kan veroorsaak dat […]
# ActionSA in Tshwane verwelkom die metro se vordering om politieke oorsig en prosesse te versterk om seker te maak probleme wat die Ouditeur-Generaal uitgelig het, word aangespreek. Die metro het ondersoeke na 11,7-miljard-rand van ʼn aanvanklike 13-miljard-rand se onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes voltooi. ActionSA-woordvoerder Henriette Frohlich sê hoewel Tshwane se beheeromgewing swak bly, […]
# Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa, sê die departement se eerste skoon oudituitkoms in 31 jaar is ‘n stap in die rigting van ‘n volledig verantwoordbare en skoon administrasie. Hulle het hierdie skoon oudituitkoms toegeskryf aan die departement se verbintenis tot skoon bestuur en verantwoordbaarheid. Die departement se woordvoerder, Collen […]