# ʼn Top-assistent van die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne finansier deur olie by Moskou te koop. Dit volg net enkele dae nadat die Trump-administrasie ʼn tarief van 25-persent op Indiese uitvoerprodukte na Amerika ingestel het. Die Withuis dreig met nog optrede indien Indië voortgaan om Russiese […]
# KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, het die Padverkeerinspektoraat-span wat by Park Rynie gestasioneer is, geloof vir hul toewyding om padongelukke te bekamp. Dit volg nadat ʼn prokureur en ouditeur die naweek op die N2 vir spoed vasgetrek is. Die prokureur is gearresteer nadat hy 222 kilometer per uur in ʼn […]
# Navorsers van die Universiteit van Pretoria het vyf groot eerbewyse by die gesogte Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-South32 verower Dit word dikwels beskryf as Suid-Afrika se “Wetenskap-Oscars”. Die toekennings vier uitnemendheid in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie. Een van die wenners is professor Namrita Lall, wat die Innovasietoekenning vir KMMO’s ontvang het. Sy is erken […]
# Marvel se The Fantastic Four: First Steps, met Pedro Pascal in die hoofrol as wetenskap-genie Reed Richards, wat ʼn ruimtesending saam met sy vrou lei, is in sy tweede naweek steeds die nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Universal/DreamWorks Animation se nuwe gesinsfliek, The Bad Guys 2, is tweede en Paramount se The Naked Gun met […]
# Altesaam 356 verdagtes is die naweek in Atteridgeville en omliggende gebiede as deel van Operasie Shanela vir verskeie strafregtelike oortredings aangekeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van moord, gewapende roof, besit van ongelisensieerde vuurwapens, meineed en geslagsgeweldsoortredings. Hy sê 34 ongedokumenteerde buitelandse burgers […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê hulle verwelkom projekte wat Suid-Afrika se vermoë vir hernubare energie bevorder en moedig dit aan. Dit volg na die onlangse bekendstelling van die Gemeenskap- en Privaat Hernubare-energiesektor: Verspreiding van Voordele vir Maatskaplike Ontwikkeling in Suid-Afrika. Dis ʼn navorsingsprojek wat wil bepaal hoe privaat […]
# ActionSA looi die DA in Ekurhuleni oor die verspreiding van valse bewerings oor kragtariewe. Dit volg na ‘n raadsvergadering waar die DA die party daarvan beskuldig het dat hulle tariefverhogings as deel van ‘n ANC-EFF-koalisie steun. ActionSA se Ekurhuleni-koukusleier, Phillip Dolo, sê die party het die opskorting van vaste koste op A2-residensiële gebruikers ondersteun. […]
# Die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer, Xolile Nqatha, het ʼn skoolbusbestuurder geskors omdat hy nie ingegryp het toe ʼn 18-jarige leerder verlede week op die bus aangerand is nie. In ʼn video word gesien hoe die leerder van David Mama Senior Secondary School in Mdantsane op die bus deur drie seuns geslaan word terwyl sommige […]