# President Cyril Ramaphosa sê Amerika se besluit om ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse invoere te hef, beklemtoon die dringendheid om aan te pas by die toenemende onstuimigheid in internasionale handel. Die tariefverhogings bedreig uitvoervermoë in strategiese sektore. Die president het in sy weeklikse nuusbrief beklemtoon dat Suid-Afrika nie met Amerikaanse produsente meeding nie […]
# Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek van Pole, is die jongste gekeurde wat op die Kanadese Ope in Montreal uitgeskakel is. Die tweede gekeurde het in skoon stelle teen die 19de-gekeurde Deen, Clara Tauson, verloor. Die Amerikaner, Madison Keys, is deur na haar agtste kwarteindronde nadat sy met die Tsjeg, Karolina Muchova, afgereken het. In […]
# ʼn Top-assistent van die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne finansier deur olie by Moskou te koop. Dit volg net enkele dae nadat die Trump-administrasie ʼn tarief van 25-persent op Indiese uitvoerprodukte na Amerika ingestel het. Die Withuis dreig met nog optrede indien Indië voortgaan om Russiese […]
# KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, het die Padverkeerinspektoraat-span wat by Park Rynie gestasioneer is, geloof vir hul toewyding om padongelukke te bekamp. Dit volg nadat ʼn prokureur en ouditeur die naweek op die N2 vir spoed vasgetrek is. Die prokureur is gearresteer nadat hy 222 kilometer per uur in ʼn […]
# Navorsers van die Universiteit van Pretoria het vyf groot eerbewyse by die gesogte Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-South32 verower Dit word dikwels beskryf as Suid-Afrika se “Wetenskap-Oscars”. Die toekennings vier uitnemendheid in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie. Een van die wenners is professor Namrita Lall, wat die Innovasietoekenning vir KMMO’s ontvang het. Sy is erken […]
# Marvel se The Fantastic Four: First Steps, met Pedro Pascal in die hoofrol as wetenskap-genie Reed Richards, wat ʼn ruimtesending saam met sy vrou lei, is in sy tweede naweek steeds die nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Universal/DreamWorks Animation se nuwe gesinsfliek, The Bad Guys 2, is tweede en Paramount se The Naked Gun met […]
# Altesaam 356 verdagtes is die naweek in Atteridgeville en omliggende gebiede as deel van Operasie Shanela vir verskeie strafregtelike oortredings aangekeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van moord, gewapende roof, besit van ongelisensieerde vuurwapens, meineed en geslagsgeweldsoortredings. Hy sê 34 ongedokumenteerde buitelandse burgers […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê hulle verwelkom projekte wat Suid-Afrika se vermoë vir hernubare energie bevorder en moedig dit aan. Dit volg na die onlangse bekendstelling van die Gemeenskap- en Privaat Hernubare-energiesektor: Verspreiding van Voordele vir Maatskaplike Ontwikkeling in Suid-Afrika. Dis ʼn navorsingsprojek wat wil bepaal hoe privaat […]