# Die Stad Tshwane sê die Soshanguve L-opgaardamme ervaar steeds buitensporig hoë waterverbruik, wat kan lei tot ‘n watertekort in ‘n groot deel van Soshanguve in die komende dae. Die opgaardamme se vlakke kan nie bo 30-persent styg nie, ondanks voldoende voorraad vanaf die Rand-waterlyn. Die metro se woordvoerder, Selby Bokaba, sê dié kritiek lae […]
# ʼn Nuwe wêreldrekord is ʼn Kaapstad opgestel toe een-duisend-276 marimba-spelers saam by die Grand West Arena opgetree het. Die geleentheid het die Guinness-wêreldrekord vir die grootste marimba-samespel verbeter. Die vorige wêreldrekord was 550 spelers tydens ʼn geleentheid in Guatemala. Die samespel het talentvolle musikante tussen agt- en 62-jaar byeengebring. Die kinders kom van meer […]
# Sokker: Inter Miami sê kaptein Lionel Messi sal onbepaald op die kantlyn wees ná ʼn geringe spierbesering in sy regterbeen. Die 38-jarige Argentyn het die besering Saterdag opgedoen tydens ʼn Ligabeker-wedstryd teen die Mexikaanse span, Necaxa, in Florida. Die wedstryd het gelykop geëindig met twee-elk. Die klub sê Messi se mediese goedkeuring sal afhang […]
# Die Stad Kaapstad se metropolisiebeamptes het die afgelope 12 maande vier-duisend-549 mense aangekeer vir verskeie oortredings. Meer as 22-duisend eenhede dwelms en 71 vuurwapens is afgeneem, terwyl 166-duisend-908 boetes uitgereik is vir verskeie verkeersoortredings en oortredings van munisipale ordonnansies. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith sê daar was ook 85 aanvalle op […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag stel ondersoek in na ʼn vals video waarin ʼn senior bevelvoerder blykbaar weermaglede aanhits om onwettig te staak. In die video van 14 minute wat soos ʼn veldbrand versprei het, moedig die man in kamoefleerdrag die land aan om na die Uniegebou op te ruk en te eis dat die […]
# Kaapstad se biblioteke gaan dié week ‘n reeks geleenthede aanbied tydens Nasionale Wetenskapweek insluitend wetenskapsdemonstrasies, praatjies en chemiese eksperimente. Die tema vir vanjaar is Wetenskap, Tegnologie en Innovering vir Almal. Die burgemeesterkomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê hulle het ‘n opwindende program wat ontwerp is om nuuskierigheid, leergierigheid en oop deure vir […]
# Die DA dring aan op ‘n onafhanklike en deursigtige ondersoek na die finansiële en operasionele wanbestuur by die SAPD-kollege in Philippi, Kaapstad. Die kollege staar bewerings van verkrygings-onreëlmatighede en die uitbuiting van rekrute in die gesig. Lisa Schickerling van die DA sê die portefeuljekomitee oor Polisie het eerstehandse die skokkende agteruitgang van die kollege […]
# Die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling stel ʼn nuwe elektroniese fondsbestuurstelsel bekend vir organisasies sonder winsbejag. Dis ʼn poging om doeltreffendheid en dienslewering te verbeter. Die departement se woordvoerder, Teddy Gomba, sê organisasies sonder winsbejag se aansoeke vir fondse en indiening van sakeplanne en die daaropvolgende uitreiking van diensvlakooreenkomste sal deur hierdie stelsel gedoen […]