# Die DA in Johannesburg beweer motoriste het te doen met addisionele viktimisering as gevolg van politieke inmening in die werk van die Johannesburgse Metropolisie. Michael Sun van die party sê hulle is betroubaar deur beamptes ingelig dat hulle onder druk is om elkeen elke dag sewe-duisend-rand in boetes uit te skryf. Hy sê om […]
# Lede van die Progressive Forces of South Africa hou vandag ʼn plakkaatbetoging buite die Hooggeregshof in Pretoria waar ʼn geskil aangehoor word oor die begrafnis van oudpresident Edgar Lungu van Zambië, wat in Junie in Suid-Afrika dood is. Die geskil tussen sy familie en die Zambiese regering gaan oor repatriasie of ‘n plaaslike begrafnis. […]
# Rugby: Die uitvoerende hoof van die Britse en Ierse Leeus, Ben Calveley, sê Andy Farrell is die gunsteling om die span weer te lei wanneer hulle in 2029 in Nieu-Seeland gaan toer. Die 50-jarige het die Leeus in Australië tot hulle eerste reeksoorwinning sedert 2013 gelei, maar hulle kon nie skoonskip maak nie toe […]
# Die Stad Tshwane sê die Soshanguve L-opgaardamme ervaar steeds buitensporig hoë waterverbruik, wat kan lei tot ‘n watertekort in ‘n groot deel van Soshanguve in die komende dae. Die opgaardamme se vlakke kan nie bo 30-persent styg nie, ondanks voldoende voorraad vanaf die Rand-waterlyn. Die metro se woordvoerder, Selby Bokaba, sê dié kritiek lae […]
# ʼn Nuwe wêreldrekord is ʼn Kaapstad opgestel toe een-duisend-276 marimba-spelers saam by die Grand West Arena opgetree het. Die geleentheid het die Guinness-wêreldrekord vir die grootste marimba-samespel verbeter. Die vorige wêreldrekord was 550 spelers tydens ʼn geleentheid in Guatemala. Die samespel het talentvolle musikante tussen agt- en 62-jaar byeengebring. Die kinders kom van meer […]
# Sokker: Inter Miami sê kaptein Lionel Messi sal onbepaald op die kantlyn wees ná ʼn geringe spierbesering in sy regterbeen. Die 38-jarige Argentyn het die besering Saterdag opgedoen tydens ʼn Ligabeker-wedstryd teen die Mexikaanse span, Necaxa, in Florida. Die wedstryd het gelykop geëindig met twee-elk. Die klub sê Messi se mediese goedkeuring sal afhang […]
# Die Stad Kaapstad se metropolisiebeamptes het die afgelope 12 maande vier-duisend-549 mense aangekeer vir verskeie oortredings. Meer as 22-duisend eenhede dwelms en 71 vuurwapens is afgeneem, terwyl 166-duisend-908 boetes uitgereik is vir verskeie verkeersoortredings en oortredings van munisipale ordonnansies. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith sê daar was ook 85 aanvalle op […]