# Die Mining Affected Communities United in Action het president Cyril Ramaphosa gevra dat die Madlanga-kommissie dadelik moet ondersoek instel na die polisie se Operasie Vala Umgodi. Woordvoerder Sabelo Mguni sê dit volg na Vrydag se inhegtenisneming van 400 vermeende onwettige immigrante by ‘n myn in Barberton, Mpumalanga. Mguni sê hulle glo die operasie word nie […]
# Voorbereidings vir die tweede Afrika-klimaatberaad is tans onderweg in Addis Abeba, Ethiopië. Die beraad, wat van 8 tot 10 September deur die Afrika-Unie en die Ethiopiese regering aangebied word, sal fokus op ‘Die versnelling van globale klimaatoplossings: Befondsing vir Afrika se veerkragtige en groen ontwikkeling.’ Belangrike doelwitte sluit in om teen 2030 hernubare energie […]
# Die Suid-Afrikaans-gebore professor, Michele Dougherty, het geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te word wat aangestel is as die Koninklike Sterrekundige in die 350-jarige geskiedenis van die Britse organisasie. Dougherty is gebore in KwaZulu-Natal en het haar liefde vir die ruimte onder die suidelike hemelruim ontdek. Haar baanbrekerwerk met NASA se Cassini-sending en Europa […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die ontwikkeling van onderwyswette aangemoedig om transformasie te bemagtig en om die toekoms te omarm. Sy het by die 29ste Jaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Onderwysreg in Wildernis op die Tuinroete die behoefte beklemtoon om inklusiwiteit te bevorder, bestuur te hervorm en die uitwerking […]
# Hittegolwe wêreldwyd vererger en gebeur meer gereeld weens mensgemaakte klimaatsverandering, met Japan wat geen uitsondering is nie. Die stad Komatsu, in die sentrale streek van Ishikawa, het vandag ‘n nuwe rekord van 40,3-grade Celsius aangeteken. Toyama-stad, ook in die sentrale streek, het 39,8-grade Celsius aangeteken, die hoogste temperatuur sedert rekords begin hou is. Japan […]
# Die regering sê hy sal Suid-Afrika se nasionale handelsbelange verdedig na die VSA se besluit om ‘n 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in te stel. Nagenoeg agt-persent van Suid-Afrika se totale uitvoere gaan na die VSA, wat dit die land se derde grootste handelsvennoot maak. In ‘n gesamentlike media-inligtingsessie het die minister van Internasionale Betrekkinge […]
# Glynnis Breytenbach van die DA het oproepe vir die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, om te bedank, as onregverdig beskryf. Sy beskryf wel Batohi se ampstermyn as teleurstellend. Batohi het kritiek verduur na die swak hantering van hoëprofiel-sake soos die Cholota-uitlewering, die Omotoso-verhoor, en staatskapingsake. Breytenbach sê Batohi het ‘n gebreekte instelling […]