# Die regering sê die nuwe 30-persent tariewe wat deur die VSA ingestel is kan Suid-Afrika se groei met 0,2-persent verminder. In ‘n gesamentlike media-inligtingsessie van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het hulle kommer uitgespreek oor die ekonomiese impak op belangrike uitvoersektore soos motorvoertuie, sitrus, en wyn. […]
# Die Stad Kaapstad se Openbare Noodkommunikasiesentrum het die afgelope naweek oor ‘n tydperk van 48 uur 60 motorongelukke en 21 ongelukke waarby voetgangers betrokke was aangeteken. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, se die sentrum het een-duisend-825 voorvalle gedurende die naweek aangeteken insluitende 648 mediese voorvalle, 34 brande, 96 sake van aanranding, 53 sake […]
# China het vandag sy hoogste waarskuwing vir reënstorms uitgereik, enkele dae nadat dodelike oorstromings dele van Beijing verswelg het en ‘n seldsame verskoning van ondervoorbereide amptenare tot gevolg gehad het. Die munisipale weerdiens het ‘n rooi waarskuwing uitgereik, die hoogste in ‘n viervlak-stelsel, wat swaar reën tot môreoggend voorspel. Die meeste dele van die […]
# Lightstone sê vroue in Suid-Afrika bevestig toenemend hul finansiële onafhanklikheid en maak beduidende vordering met beide huis- en voertuigeienaarskap. Hayley Ivins-Downes van Lightstone sê dit word aangedui in hulle jongste data oor eiendom-, voertuig- en besigheidsbates. Sy sê Vrouemaand beklemtoon die voortuigang wat vroue in baie sektore gemaak het. Ivins-Downes sê die verhouding van huise wat deur […]
# Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê die ineenstorting van Johannesburg spruit uit politieke onbestendigheid en swak leierskapskeuses oor die afgelope sewe jaar. Lesufi het teenoor SABC News die stad se dalende inkomstebasis uitgelig, wat vererger word deur werkloosheid en ondernemings wat van die netwerk wegbeweeg. Lesufi sê munisipaliteite moet basiese dienste soos water en […]
# Rugby: Die Chiefs se flank, Simon Parker, is die enigste nuweling in die All Black-afrigter, Scott Robertson, se groep vir die eerste twee toetse van die Rugbykampioenskap. Dit volg na sy indrukwekkende Super Rugby-seisoen, met Robertson wat sê hy besit waardevolle vaardighede en het ‘n sterk fisieke teenwoordigheid. Drie ander nuwelinge, die stut Tevita […]
# Die Ministeries van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het ‘n plan aangekondig om Suid-Afrikaanse ondernemings te steun wat geraak word deur die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent. Maatreëls sluit in ‘n uitvoer-ondersteuningskantoor, befondsing om plaaslike nywerhede te bevorder en ‘n spesiale mededingings-vrystelling wat uitvoerders toelaat om saam te werk. […]