# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap bied ‘n Taxi-vredesberaad aan om volgehoue uitdagings in die bedryf aan te pak. Die voorsitter, Mandla Hermanus, sê besprekings fokus op die sektor se formalisering, die beëindiging van geweld en die verbetering van openbare vervoer. Hermanus het hoofoorsake uitgelig, insluitend regulatoriese mislukkings, misdadige infiltrasie en interne wanbestuur. […]
# Die DA eis ‘n dringende forensiese ondersoek na die Alexandra K206-behuisingsprojek as gevolg van korrupsie, swak administrasie en onwettige besettings. Die DA se woordvoerder vir Menslike Nedersettings in Gauteng, Mervyn Cirota, sê die projek van ses-duisend-eenheide het sy beoogde begunstigdes in die steek gelaat, weens vertragings met titelaktes en die kaping van eenhede. Hy […]
# Die vakbond Fawu het Suid-Afrikaanse Brouerye en sy moedermaatskappy, AB InBev, veroordeel oor sy beoogde aflegging van 233 werkers. Die vakbond glo die proses was gejaagd en onregverdig, en ignoreer die uitspraak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie om belangrike dokumente te oorhandig. Dominique Martin van FAWU sê werkers word gedwing om […]
# Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Tshegofatso Mashabela, vra gemeenskappe om eksklusiewe borsvoeding as deel van Wêreld-borsvoedingsweek te ondersteun. Sy sê vanjaar se tema, ‘Gee voorkeur aan borsvoeding: Skep volhoubare Ondersteuningstelsels,’ beklemtoon die behoefte vir gesamentlike ondersteuning. Mashabela beklemtoon die rol van borsvoeding in die verbetering van kinderoorlewing en moedergesondheid, en moedig vroue aan om […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê Kaapstad pluk die vrugte ná ‘n 29-maande se groei in internasionale passasiersgetalle en wat sterk vordering in toerisme en handel weerspieël. Wesgro se Kaapstadse Lugtoegang sê internasionale passasiers het vanjaar met vyf-persent gestyg, ten spyte van ‘n effense daling in Junie. Die George-lughawe het ook groei getoon, met […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa gaan vandag die Medupi- en Matimba-kragstasies in Limpopo besoek, as deel van die toesig van Eskom se Opwekkings- en Herstelplan. Die besoek val saam met die vroeë inbruikneming van die Medupi Eenheid 4, wat nou 800 megawatt by die nasionale netwerk byvoeg. Ramokgopa sal ook die […]
# Die Departement van Elektrisiteit en Energie, sal ‘n nalatenskapsprojek by die G20 Skoon-kookuitkoms bekendstel om beleggings in skoon kosmaak te bevoder. Adjunkminister, Samantha Graham-Maré het beklemtoon die projek ondersteun Regverdig Energieoorskakeling. Die Internasionale Energie-agentskap dui aan meer as 500-duisend sterftes kom jaarliks in Afrika voor as gevolg van giftige huishoudelike lugbesoedeling omdat meeste families […]
# Die Parlement se Gekose Komitee oor Openbare Infrastruktuur versoek verdere hervorming in Suid-Afrika se infrastruktuurleweringstelsels. Hierdie standpunt volg nadat die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, as voorsorgmaatreël geskors is ná ‘n forensiese verslag van PricewaterhouseCoopers bevind het sy het nie ingegryp toe waarskuwings uitgereik is oor ‘n suurstofaanlegtender van 836-miljoen-rand nie. […]