# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, speel in die Cincinnati Ope, sy eerste toernooi sedert hy Wimbledon verlede maand gewen het. Hy sal die topgekeurde wees wanneer die toernooi later die week begin. Die Italianer het aan die Kanadese Ope onttrek nadat hy die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz, in Londen verslaan het. Die Spanjaard gaan by […]
# ‘n Rekord aantal lande en streke gaan môre die 80ste herdenking van die atoombomontploffing in Hiroshima bywoon, insluitend Rusland se bondgenoot, Belarus, en die nuwelinge Taiwan en verteenwoordigers van Palestina. Amerika het op 6 Augustus 1945 ‘n atoombom op die Japanse stad afgegooi, wat sowat 140-duisend lewens geëis het. Drie dae later het ‘n […]
# ‘n Plaaswerker van Limpopo, Adriaan de Wet, gaan in die Hooggeregshof getuig hy is gedwing om die liggame van twee vermoorde vroue aan varke te voer. De Wet, nou ‘n staatsgetuie, beweer die boer, Zachariah Olivier, het Maria Makgato en Lucia Ndlovu in Augustus verlede jaar doodgeskiet toe hulle kos gesoek het. Hulle en […]
# Die Johannesburgse metropolisie ontken die DA se bewerings oor ‘n kwotastelsel vir verkeersboetes. Die DA beweer elke beampte moet ‘n daaglikse teiken van 7-duisend-rand in boetes uitreik en word met oortydbetaling aangespoor om dié teiken te bereik. Die Metropolisie se woordvoerder, Xolani Fihla, beklemtoon die afdwing van boetes word bepaal deur oortredings, nie getalle […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het beloof om Umalusi se uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, aan die begin van sy nuwe rol as president van die Internasionale Vereniging vir die Evaluering van Opvoedkundige Prestasie te ondersteun. SADOU sê sy nuwe rol is ‘n belangrike stap vir Suid-Afrika op die wêreld-onderwysverhoog. Die vakbond se hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, […]
# Die EFF in Gauteng het die ANC daarvan beskuldig dat hy die Germistonse burgersentrum gekaap het vir sy nasionale uitvoerende komitee-vergadering en sy raadslede uitgesluit het, oënskynlik om sekerheidsredes. Die EFF se Gautengse leier, Nkululeko Dunga, voer aan die misbruik van openbare eiendom het raadsbedrywighede ontwrig en dat hulle inhuldigingseremonie gevolglik uitgestel is. Hy […]
# ‘n Beampte van die Johannesburgse metropolisie, Raymond Nkosinathi Mzizi, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op drie aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind is. Die woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Lizzy Suping, sê Mzizi was in 2018 in ‘n ongeluk met ‘n motor en ‘n minibus-taxi op die Goue Hoofweg betrokke. Twee […]