# Die EFF sê die parlementêre ad hoc-komitee wat gestig is om die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, te ondersoek, is ‘n kritieke stap om die diepgewortelde probleme in die regstelsel te pak. Die komitee se opdrag is om ernstige bewerings van korrupsie, infiltrasie van misdaad-sindikate en politieke inmenging in wetstoepassingsagentskappe te ondersoek. […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het die voortdurende boelie-voorvalle by skole veroordeel. ‘n Graad 8-leerder van die Thuto-Lesedi Secondary School in Vosloorus, Ekurhuleni, is verlede Vrydag deur ‘n groep mede-leerders aangerand, en hy moes hospitaalbehandeling kry. In die Oos-Kaap is ‘n 18-jarige leerder van die David Mama Senior Secondary School verlede week deur drie seuns […]
# Die landbou-organisasie TLU SA gaan nie aan die Nasionale Dialoog later die maand deelneem nie en sê die land het nie nog ‘n ideologiese imbizo nodig wat net die ANC se bestaande beleidsrigtings herbevestig nie. Die dialoog is gemik op die vestiging van eenheid en die vind van oplossings vir Suid-Afrika se uitdagings. Bennie […]
# Die Britse en Ierse Leeus se haker, Dan Sheehan, is vir vier wedstryde geskors ná ‘n gevaarlike beweging in Saterdag se derde toets in Sydney. Die Ier het in ʼn losgemaal ingestorm en die Australiese losskakel, Tom Lynagh, teen die kop getref. Wêreldrugby se onafhanklike hersieningskomitee beskou Sheehan se optrede as roekeloos. Die straf […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 05 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering het gister sekere vrystellings bekendgemaak om uitvoerders tegemoet te kom in die lig van die 30-persent-tarief wat die week in werking tree. Ingevolge die vrystellings sal mededingende uitvoerders toegelaat word om infrastruktuur, logistiek en markintelligensie te koördineer […]
# Die Brasiliaanse Hooggeregshof het opdrag gegee dat die voormalige regse president, Jair Bolsonaro, onder huisarres geplaas word nadat hy nie weerhoudingsbevele nagekom het nie. Hy het ʼn verbod op die gebruik van sosiale media oortree wat verlede maand opgelê is, toe hy ook beveel is om ʼn elektroniese enkelband te dra. Bolsonaro is tans […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Uitvoerende Komitee stem nie saam met die SAKP se besluit om onafhanklik aan die komende plaaslike verkiesing deel te neem nie. Die SAKP was tot dusver ʼn ANC-bondgenoot in die drieparty-alliansie wat Cosatu insluit. Hoewel SAKP-lede in verkiesings as ANC-kandidate gestaan het, het die party nog nooit […]