# Gemeenskappe wat naby die Kruger-wildtuin woon, verkies om wild te beskerm en nie skade aan te rig om ‘n bestaan te maak nie, eerder as om diere vir wins dood te maak. The Conversation berig navorsers het bevind dat meer as 80-persent van die inwoners alternatiewe soos kunsvlyt-toerisme, aanlyn wildgidse en bewaringswerk ondersteun. Dit […]
# Die Universiteit Stellenbosch het bevestig dat ‘n tweedejaar-teologiestudent, Chris Scheffers, dood is aan meningokokkale meningitis. Sy liggaam is die naweek in sy kamer in die Dagbreek-koshuis ontdek. Beamptes van die universiteit sê kontakopsporing is onderweg om persone te indentifieer wat gedurende die laaste tien dae noue kontak met Scheffers gehad het. Voorkomende medikasie sal […]
# TAX Justice South Africa verwelkom die uitspraak van die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof wat ‘n bewaringsbevel handhaaf teen Amalgamated Tobacco Manufacturing en 19 ander in ‘n belastingontduikingsaak van 96-miljoen-rand. Amalgamated Tobacco betwis ook die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se reg om toesigkameras aan te bring in fabrieke. Yusuf Abramjee van Tax Justice sê die hof het pogings geweier […]
# Die prys van 93- en 95-oktaan petrol daal om middernag met 28-sent per liter. Die prys het verlede maand met 52-sent gestyg. Die slegte nuus is egter dat die dieselprys met tot 65-sent per liter styg. Dit volg op die verhoging van 82-sent per liter verlede maand. Die prys van lampolie verhoog met 43-sent […]
# Suid-Afrikaanse belastingbetalers word gewaarsku om bewus te wees van moontlike swendelary aangesien belastingseisoen piektyd vir bedrieërs is. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Bedrogbeskermingsdiens, Jonathan Faurie, sê bedrieërs boots die e-posse, SMSe en oproepe van die Suid-Afrfikaanse Inkomstediens na om persoonlike inligting of geld te steel. Algemene taktiek sluit in uitvissing, nabootsing, vals terugbetalingswebwerwe, en […]
# Die middelvlak-goudprodusent, Pan African Resources, waarsku onwettige mynbou is ‘n nasionale krisis, nadat nog 28 onwettige mynwerkers vanoggend uit die Sheba-myn in Barberton, Mpumalanga gekom het. Altesaam 546 is sedert Vrydag in hegtenis geneem vir betreding, goudoortredings en immigrasie-oortredings. Borgtog van twee-duisend-rand is aan slegs 26 toegestaan. Die onderneming se woordvoerder, Hethen Hira, het […]