# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, is bekommerd oor bewerings van manipulering met graderings en wangedrag by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aan die Universiteit van Kaapstad. ‘n Voormalige departementshoof het beweerde rasse-vooroordeel in akademiese assesserings uitgewys. Daar word beweer wit studente het beter punte gekry. Manamela sal na verwagting met […]
# Die Siektebewaker van die Gautengse Gesondheidsdepartement, Mashaole Makwela, sê die provinsie se massa-inentingsveldtog teen masels en Duitse masels wil verseker dat leerders ten volle beskerm word. Volgens die department kry meer as 370 gevalle tans behandeling. Makwela het by die Laerskool Steve Biko in Orange Farm gesê die veldtog is gerig op skole en […]
# Sokker: ‘n Chinese span is vir twee jaar verbied om aan Asiatiese kompetisies deel te neem nadat hy in Februarie nie by ‘n belangrike wedstryd opgedaag het nie. Die Superliga-span Shandong Taishan is vroëer ook uit die Kampioeneliga geskop toe hy slegs ure voor ‘n wedstryd teen die Suid-Koreaanse span, Ulsan, onttrek het. Die […]
# NotInMyName International het toenemende boelie-voorvalle in skole veroordeel, veral in Mamelodi, die Oos-Kaap en die Vaal. Die organisasie se sekretaris-generaal, Themba Masango, sê geweld en intimidasie vernietig leerders se selfvertroue en hul onderrig en noem dit ‘n nasionale krisis. Masango eis dringende optrede van die Departement van Basiese Onderwys, skoolbeheerliggame en gemeenskappe, insluitend sterker […]
# Die DA het ’n Privaatlede-wetsontwerp voorgestel om te voorkom dat afgedankte ampsdraers weer ‘n openbare amp kan beklee. Die wetsontwerp wil die grondwet wysig om afgedankte regters en voormalige hoofde van Hoofstuk Nege-instellings wat weens wangedrag verwyder is, te verhinder om lede van die parlement, die provinsiale wetgewers, of munisipale rade te word. Die […]
# Vier verdagtes is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie in Randfontein, wes van Johannesburg. Die waarnemende Gautengse polisiekommissaris, Fred Kekana, sê die groep was na bewering van plan om ‘n sakeroof te pleeg toe beamptes ‘n intelligensie-wenk ontvang het. Kekana het bevestig die verdagtes wou ‘n man beroof wat op pad was om […]
# Die ANC-lid Soviet Lekganyane is gekies om die parlementêre ad hoc-komitee te lei wat bewerings van korrupsie in die polisie en politieke inmenging sal ondersoek. Die komitee is gestig nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beweer het wetstoepassing word deur misdaadsindikate binnegedring. Die EFF-leier, Julius Malema, is as voorsitter benoem, maar het dit geweier. […]
# Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het March and March gevra om nie buitelandse kinders te verhoed om ingeënt te word teen masels en Duitse masels nie. Die burgerlike beweging werk teen die uitwerking van onwettige immigrasie. Die LUR het by die Steve Biko Primary School in Orange Farm aan Newzroom Afrika gesê […]