# Open Doors Southern Africa het ‘n wrede aanval op ‘n Katolieke Kerk in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo veroordeel. Ten minste 49 mense, insluitende nege kinders, is vermoor. Gewapende mans, vermoedelik gekoppel aan die ISIS-ondersteunde Allied Democratic Forces-groep, het aanbidders gedurende ‘n nagwaak in die Ituri-provinsie met kapmesse aangeval en hulle […]
# Tennis: 2021 se kampioen, Emma Raducano, het een van die Spaanse meester Rafael Nadal se jarelange afrigters aangestel voor die Amerikaanse Ope. Die Britse nommer-een en Francisco Roig het net na Wimbledon begin saamwerk, en sy het hom nou voltyds aangestel. Roig het vir die meeste van Nadal se roemryke loopbaan saam met hom […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, is bekommerd oor bewerings van manipulering met graderings en wangedrag by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aan die Universiteit van Kaapstad. ‘n Voormalige departementshoof het beweerde rasse-vooroordeel in akademiese assesserings uitgewys. Daar word beweer wit studente het beter punte gekry. Manamela sal na verwagting met […]
# Die Siektebewaker van die Gautengse Gesondheidsdepartement, Mashaole Makwela, sê die provinsie se massa-inentingsveldtog teen masels en Duitse masels wil verseker dat leerders ten volle beskerm word. Volgens die department kry meer as 370 gevalle tans behandeling. Makwela het by die Laerskool Steve Biko in Orange Farm gesê die veldtog is gerig op skole en […]
# Sokker: ‘n Chinese span is vir twee jaar verbied om aan Asiatiese kompetisies deel te neem nadat hy in Februarie nie by ‘n belangrike wedstryd opgedaag het nie. Die Superliga-span Shandong Taishan is vroëer ook uit die Kampioeneliga geskop toe hy slegs ure voor ‘n wedstryd teen die Suid-Koreaanse span, Ulsan, onttrek het. Die […]
# NotInMyName International het toenemende boelie-voorvalle in skole veroordeel, veral in Mamelodi, die Oos-Kaap en die Vaal. Die organisasie se sekretaris-generaal, Themba Masango, sê geweld en intimidasie vernietig leerders se selfvertroue en hul onderrig en noem dit ‘n nasionale krisis. Masango eis dringende optrede van die Departement van Basiese Onderwys, skoolbeheerliggame en gemeenskappe, insluitend sterker […]
# Die DA het ’n Privaatlede-wetsontwerp voorgestel om te voorkom dat afgedankte ampsdraers weer ‘n openbare amp kan beklee. Die wetsontwerp wil die grondwet wysig om afgedankte regters en voormalige hoofde van Hoofstuk Nege-instellings wat weens wangedrag verwyder is, te verhinder om lede van die parlement, die provinsiale wetgewers, of munisipale rade te word. Die […]