# AfriForum se woordvoerder Barry Bateman sê die skei van Bergview College en hoof Jaco Pieterse se paaie, is ‘n ernstige les in die hantering van vals bewerings waar kinders betrokke is. Pieterse is valslik geïmpliseer in die verkragting van die sewejarige Cwecwe. Bateman het in gesprek met eNCA die public en die media aangemoedig […]
# Switserland se president, Karin Keller-Sutter, is onderweg na Washington om die nuwe tariewe te probeer verhoed wat die land onkant gevang het. Switserland is met 39-persent gestraf, een van die swaarste onder die talle ekonomieë wat getref sal word deur nuwe tariewe wat na verwagting Donderdag in werking tree. Die Amerikaanse president, Donald Trump, […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die weermag moet die nederlaag van Hamas in Gaza “voltooi” om die gyselaars vry te laat, voor ‘n verwagte vergadering met veiligheidshoofde oor ‘n opgedateerde oorlogsplan. Hy sê dit is nodig om te verseker dat Gaza nie meer ‘n bedreiging vir Israel sal inhou nie. Israeliese media […]
# Business Leadership South Africa vra dat die Nasionale Tesourie ingesluit moet word in gekoördineerde optrede teen die groeiende handelskrisis. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê in haar weeklikse nuusbrief dringende optrede word benodig om sake-ondernemings te steun wat getref is deur die Amerikaanse handelstariewe van 30-persent – veral in die Oos- en die Wes-Kaap se […]
# Die Regshulpbronsentrum sê die raad van die Ingonyama Trust se aankondiging dat hy begin het om inwoners terug te betaal wat ingevolge huurooreenkomste onregmatig huurgeld op trustgrond betaal het, is ‘n positiewe stap. Dit volg ná ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in 2021 dat die huurkontrakte grondwetlike regte op gewone grondgebruik geskend het. Die […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het die herstel van Eenheid Vier van die Medupi-kragstasie in Limpopo geloof. Dit is weer aanlyn nadat dit vier jaar buite werking was as gevolg van ‘n reuse-fout. Ramokgopa het tydens ‘n oorsigbesoek aan Medupi en Matimba gesê die eenheid van 800-megawatt is binne die begroting […]
# Rusland het Amerikaanse president, Donald Trump se dreigemente gekritiseer, om Indië se tariewe te verhoog oor sy aankope van Russiese olie. Die aankope is ‘n belangrike bron van inkomste om Rusland se militêre aanslae op Oekraïne te befonds. Trump het Moskou tot Vrydag gegee om te vorder met vredesonderhandelinge met Kyiv of om nuwe […]
# Die DA sê adjunkpresident Paul Mashatile se Skoon Stede en Dorpe-veldtog in die Vrystaat is ‘n desperate openbare betrekkingsfoefie om sy skandale en die ANC se mislukkings in die provinsie toe te smeer. Die party kritiseer Mashatile se onlangse etiese oortreding toe hy nie ‘n diamantgeskenk verklaar het nie en ook nie ‘n eiendom […]