# Die adjunkminister van Toerisme, Maggie Sotyu, sal die Atrium-boetiekhotel in Polokwane, Limpopo, inwy ter viering van Vrouemaand. Sestig-persent van die vierster-hotel in swart besit behoort ook aan vroue. Die hotel is ontwikkel met befondsingsondersteuning van 30-miljoen-rand en bied luukse kamers, ‘n restaurant en konferensiegeriewe. Die bekendstelling beklemtoon inklusiewe groei en hervorming in toerisme, skep […]
# Kriekt: Die omvang van Chris Woakes se besering behoort binnekort duidelik te wees na sy heldhaftige kolfbeurt in die vyfde toets teen Indië in Londen. Hy het sy skouer beseer op die eerste dag op die Oval, maar moes op die laaste dag kolf om die wedstryd te probeer wen. Sy kolfmaat, Gus Atkinson, […]
# TymeBank sê internasionale en plaaslike faktore skep risiko’s en ook geleenthede vir klein en medium ondernemings in Suid-Afrika. Die Uitvoerende Hoof van Besigheidsbankwese, Miguel da Silva, het aan Engineering News, gesê die verwagte 30-persent Amerikaanse invoertariewe op R180-miljard se uitvoere kan die groei van KMME’s ernstig benadeel. Da Silva het die skuif van China […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die feit dat die Padongelukkefonds se huidige leierskap uit die pad is, bied ‘n geleentheid vir dringende hervorming. Die vakbond verwelkom die minister van Vervoer Barbara Creecy se besluit om die fonds se raad te ontbind. Claude Naiker van die vakbond sê jare van wanbestuur, regsgedinge en interne verdeeldheid […]
# AfriForum se woordvoerder Barry Bateman sê die skei van Bergview College en hoof Jaco Pieterse se paaie, is ‘n ernstige les in die hantering van vals bewerings waar kinders betrokke is. Pieterse is valslik geïmpliseer in die verkragting van die sewejarige Cwecwe. Bateman het in gesprek met eNCA die public en die media aangemoedig […]
# Switserland se president, Karin Keller-Sutter, is onderweg na Washington om die nuwe tariewe te probeer verhoed wat die land onkant gevang het. Switserland is met 39-persent gestraf, een van die swaarste onder die talle ekonomieë wat getref sal word deur nuwe tariewe wat na verwagting Donderdag in werking tree. Die Amerikaanse president, Donald Trump, […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die weermag moet die nederlaag van Hamas in Gaza “voltooi” om die gyselaars vry te laat, voor ‘n verwagte vergadering met veiligheidshoofde oor ‘n opgedateerde oorlogsplan. Hy sê dit is nodig om te verseker dat Gaza nie meer ‘n bedreiging vir Israel sal inhou nie. Israeliese media […]