Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Is die eerste van talle koerante wat berig oor president Cyril Ramaphosa se vergadering met die ANC-raadslede gister. Die koerant skryf die vergadering dui op kommer oor volgende jaar se verkiesing. Ramaphosa het vir die raadslede gesê dis óf dienslewering […]
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê enige besluit oor Suid-Afrika se benadering tot die inflasieteiken moenie ligtelik geneem word nie. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wil ʼn nuwe inflasieteiken stel en voer aan die huidige koers maak dat die land nie mededingend is nie en plaas druk op landsburgers. Die land se inflasiesyfer het die afgelope […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die ondersoek na die vermeende sluipmoordpoging op adjunkpresident Paul Mashatile is afgehandel. Die ondersoek is uitgevoer deur die polisie se Misdaadintelligensie-afdeling en die Staatsveiligheidsagentskap. Op 30 Maart is talle skote op Mashatile se voertuig afgevuur terwyl hy op pad was van ʼn vergadering van die ANC se […]
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die huidige waterprobleme by die metro word vinnig hanteer. Dit kom te midde van wisselvallige watervoorsiening in groot dele van die metro wat onlangs tot vier dae van betogings in die Westbury-area gelei het. Die burgemeester het gister die Alexandra-reservoir besoek wat een van dié is wat die […]
# Die FBI-direkteur, Kash Patel, sê DNS-bewyse wat ondersoekers gevind het, verbind die man wat beskuldig word van die moord op die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, met die voorval. Die 22-jarige Tyler Robinson is gearresteer nadat hy Kirk na bewering Woensdag by die Utah Valley University doodgeskiet het. Patel het aan Fox News gesê die geweer […]
# Atletiek: Tshepo Tshite is deur na die eindronde van die mans-duisend-500-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon regkry sedert Johan Cronjé brons gewen het in Moskou in 2013. Marioné Fourie is uitgeskakel in die vroue-100-meter-hekkies-halfeindronde. In die mans-110-meter hekkies kon die Suid-Afrikaners John Adesola, Mondray Barnard en Antonio Alkana […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa het raadslede ferm opdragte gegee voor die plaaslike regeringsverkiesing volgende jaar. Ramaphosa het gister meer as vierduisend raadslede by die FNB-stadion in Johannesburg, Gauteng, toegespreek en leiers aangespoor om etiek, vaardighede en diens aan die mense bo faksiebelange te plaas. Hy het gewaarsku dat swak leierskap en interne verdeeldheid openbare […]
# Gholf: Die Noorweegse ster, Viktor Hovland, maak sy eerste buiging in Suid-Afrika wanneer hy in die Nedbank-uitdaagtoernooi afslaan. Die toernooi ter ere van Gary Player word van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buiteklub gespeel. Hovland maak volgende week sy derde agtereenvolgende verskyning in die Ryderbeker-kompetisie op Bethpage Black in Farmingdale, New York, […]