# Die regering sê Suid-Afrika bly verbind tot ʼn beginselvaste en diplomatieke oplossing vir die 30-persent tariefverhoging op uitvoere na Amerika in ʼn poging om ʼn wedersyds voordelige handelsooreenkoms te bereik. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot waarheen 7,5-persent van die land se uitvoere heen gaan. Die regeringswoordvoerder, Nonkululeko Mtshali, sê die land probeer […]
# Die Amerikaanse kuswag se Mariene-ondersoekraad het bevind die noodlottige inploffing van OceanGate se Titan-duikbootjie was voorkombaar. Dit het in Junie 2023 in die Atlantiese Oseaan verdwyn toe dit na die Titanic-wrak afgesak het. Dit het na 90-minute ingeplof en al vyf mense aan boord, insluitend OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush, is dood. ʼn […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer sê die departement is op die regte pad om dienslewering te verbeter. Die departement het in die 2024/2025-boekjaar sy eerste skoon oudit in 31 jaar van die Ouditeur-generaal ontvang. Die komiteevoorsitter, Donald Selamolela, sê oudituitkomste alleen beteken nie noodwendig dat verbruikers beter of bevredigende diens ontvang nie. Hy sê […]
# Die Republikeins-geleide Huis-oorsigkomitee het tien individue gedagvaar vir geslote verklarings oor die seksoortreder Jeffrey Epstein. Dit sluit die gewese Amerikaanse president, Bill Clinton, en sy vrou en voormalige minister van Buitelandse Sake Hillary Clinton, ses gewese prokureurs-generaal insluitend Merrick Garland en William Barr, en twee voormalige FBI-direkteure in. Wetgewers soek inligting by die Clintons […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het die Departement van Gemeenskapsveiligheid se hoof, Nontsikelelo Sisulu, en finansiële hoof, Mduduzi Malope, met onmiddellike ingang geskors. Dit volg na ʼn forensiese ondersoek deur die Provinsiale Forensiese Ouditeenheid in die premier se kantoor. Die ondersoek het op finansiële onreëlmatighede in die departement afgekom. Die provinsiale regering se woordvoerder, […]
# Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die 30-persent tariefverhoging op Suid-Afrika se uitvoere na Amerika is ʼn desperate poging van ʼn mag wat voel sy invloed raak minder. Die regering waarsku die tariewe kan die land sowat 30-duisend werksgeleenthede kos. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot. Mantashe sê die […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê meer as 600-duisend suksesvolle aansoeke is geregistreer gedurende die aanlyn 2026-aansoektydperk vir graad 1 en graad 8. Hierdie mylpaal is gister bereik, net minder as twee weke nadat die stelsel op 24 Julie vir aansoeke geopen het. Die aansoektydperk sluit op die 29ste van hierdie maand. Die departement se woordvoerder, […]
# Die DA sê die ad hoc-komitee wat gestig is om politieke inmenging en korrupsie in die polisiediens te ondersoek, dra ‘n reuse-verantwoordelikheid om te bewys dat die Parlement se toesighoudende magte werklik en afdwingbaar is. Die komitee het Dinsdag sy eerste vergadering gehou, waartydens Sowjet Lekganyane van die ANC as voorsitter verkies is. Die […]