# Die medevoorsitter van die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Verdediging, Malusi Gigaba, ontken bewerings dat hy die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, teen verantwoordbaarheid beskerm. Die DA beweer die minister word daarteen beskerm om rekenskap te gee oor die ontplooiingsramp in die Demokratiese Republiek die Kongo, en die vermiste 813-miljoen-rand […]
# Olimpiese Spele: President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om ʼn Withuis-taakspan saam te stel vir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Volgens die bevel moet die taakspan sekerheid en beplanning vir die Spele koördineer, en die visumproses en sertifisering vir atlete, afrigters, die media en ander besoekers vereenvoudig. Trump, […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking is bekommerd oor die onlangse aankoms van gevaarlike misdadigers van verskillende nasionaliteite vanuit die VSA na Eswatini. Eswatini het verlede maand aangekondig dat hulle met die VSA ooreengekom het om vyf van die gevaarlikste misdadigers in hul gevangenisse te huisves, met die moontlikheid dat nog meer as […]
# Die Stad Tshwane sê hy is steeds ‘n dinamiese spilpunt vir sakegeleenthede in die land. Volgens die metro se 2023-2025 Beleggingsopbrengsverslag is meer as 187-miljoen-rand gegenereer deur die regstreekse ekonomiese uitwerking van onlangse konferensies, spitsberade en tentoonstellings. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa sê die geleenthede is nie slegs mylpale […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy het tussen 27 Julie en 2 Augustus aansienlike oorwinnings behaal oor georganiseerde misdaad en ernstige oortredings. Intelligensie-gedrewe en gekoördineerde operasies reg oor die provinsies het gelei tot die inhegtenisneming van 17-duisend-54 verdagtes. ʼn Polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê twee-duisend-911 gesoekte verdagtes is gearresteer. Hy sê 179 verdagtes is hoofsaaklik in […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 06 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die DA het ‘n privaatlidwetsontwerp ter tafel gelê wat grondwetlike wysigings voorstel om te verhoed dat individue wat weens wangedrag uit sleutelstaatsinstellings verwyder is, weer tot openbare ampte verkies kan word. Dit sluit in afgedankte regters en voormalige hoofde […]
# Die DA in Gauteng het premier Panyaza Lesufi beskuldig dat hy terugkrabbel oor die verwyderings van die Gesondheidsdepartement se hoof, Lesiba Malotana. Die premier sê hy sal oor Malotana se toekoms besluit sodra sy leefstyloudit afgehandel is en voeg by die inligting tans tot sy beskikking is onvoldoende. Jack Bloom van die DA sê […]