# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, lei vandag ‘n afvaardiging na die 4de Konferensie oor Ontwikkelingsbefondsing in Sevilla, Spanje. Die vierdaagse beraad het ten doel om wêreld se finansiële stelsels te hervorm en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte in te stel. Die minister sê Suid-Afrika sal ook ‘n byeenkoms aanbied oor die volhoubaarheid van […]
# Die jongte huishoudelike bekostigbaarheidsindeks, wys dat basiese belasting-vrye voedsel steeds styg, met nul-koersvoedsel wat die afgelope jaar met 4,1-persent gestyg het. Volgens die indeks het die koste van die huishoudelike kosmandjie van twee-duisend-775-rand per maand tot twee-duisend-889-rand gestyg. Stapelvoedsel soos mieliemeel, rys, en kookolie se pryse het gestyg. Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity […]
# Twee voormalige Transnet-hoofde, Brian Molefe en Siyabonga Gama, is in hegtenis geneem nadat hulle hulself vanoggend aan die Valke oorgegee het oor ‘n lokomotief-tenderooreenkoms van miljoene rand wat verband hou met staatskaping. Hulle is onder vyf oudbase wat aangekla word vir ‘n 2015-betaling aan Trillian Asset Management. Anoj Singh, Garry Pita en Phetolo Ramosebudi […]
# Business Leadership South Africa prys die verbetering in die verhouding tussen die regering en die privaatsektor. Die organisasie sê die verhouding het gevorder vanaf klagtes en beloftes na tasbare uitkomste. BLSA het die agterstand in visums wat uit die weg geruim is, uitgelig as een van die regering se prestasies. BLSA het ook vir […]
# Die DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê die DA eis dat Gauteng se departement van Gesondheid nie langer van maatskappye koop wat met die Tembisa-hospitaal bande het en wat tot die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran gelei het nie. Hy sê dit is skandalig dat die ANC se tesourier-generaal in Ekurhuleni, Sello Sekhokho, 55 kontrakte […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê baie skole beskik nie oor die hulpbronne om Kodering en Robotika as vakke in te stel nie. Sy sê die departement van Basiese Onderwys gaan nié Kodering en Robotika verpligtend maak in skole nie. Die departement het sy Jaarlikse Prestasieplan vir die 2025/2026-boekjaar uitgereik. Dit sluit […]
# Die Stad Kaapstad sê hy herinner huishoudings om maandelikse munisipale dienskoste te verminder omdat nuwe tariewe en eiendomsbelasting môre van krag word. Huishoudings gebruik in die winter gewoonlik meer elektrisiteit met verwarmers en warmwatertoestelle. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die groter verbruik raak elektrisiteitsrekeninge:
# Die GOOD-party in Tshwane sê die voorsiening van veilige en betroubare kraanwater word ʼn werklikheid vir inwoners van Hammanskraal. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het gister die voltooide tweede fase van die Klipdrift-watersuiweringsaanleg oorhandig. GOOD-woordvoerder Sarah Mabotsa sê toegang tot skoon water en ʼn gesonde omgewing is die grondwetlike reg van […]