# Israel het ‘n vlaag lugaanvalle reg oor die Gazastrook geloods wat die massa-ontworteling van honderde Palestynse gesinne tot gevolg gehad het. Die BBC berig dat reddingspanne die liggame van vyf mense herwin het, terwyl duisende beseerde burgerlikes na die Al-Ahli-Hospitaal in Gazastad ontruim is. Die bomaanvalle volg op een van die grootste ontruimingsbevele sedert […]
# Jong fotograwe van Thokoza in Gauteng stel tans hul werk ten toon op die JSE Art Share-uitstalling, as deel van Jeugmaand-vierings. Die Children of the Light-uitstalling, wat in vennootskap met Of Soul and Joy aangebied word, beklemtoon hoe mentorskap jong kunstenaars se toekoms kan verander. Of Soul and Joy bemagtig aspirant-fotograwe reeds langer as […]
# Die Dalai Lama sal na verwagting opvolgerbesonderhede tydens ’n groot godsdienstige byeenkoms hierdie week in Dharamsala, voor sy 90ste verjaarsdag, bekend maak. Meer as 100 Boeddhiste leiers sal die geleentheid bywoon, waar gebede vir sy lang lewe en die opvolgingsplanne sentrale kwessies wees. China, wat hom as ’n separatis beskou, dring aan dat hý […]
# Die president van die studente-organisasie Sasco, Alungile Kamtshe, sê die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, het versuim om die departement se basiese verantwoordelikhede na te kom. Sasco het gister die ministerie, die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid op ‘n nuuskonferensie bespreek. Kamtshe sê die huidige studentekwessie is […]
# Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola verwelkom die inhegtenisneming van twee vermeende huurmoordenaars in verband met die moord op die visekanselier van Fort Hare, Sakhele Buhlungu, se lyfwag, Mboneli Vesele. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê Bafana Chiliza en Nkosiyazi Maphumulo is in Johannesburg aangekeer. Vesele is in Januarie 2023 voor Buhlungu se huis in Alice in die […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sy hy is besorg deur Suid-Afrika se verswakkende finansiële gesondheid weens die verkrummelende toestand van munisipaliteite en staatsondernemings. Die vakbond sê die Reserwebank se onlangse Finansiële Stabiliteitsoorsig dui die erns van die situasie aan, met regeringskuld wat tot bykans 80-persent van BBP sal styg, wat ‘n resep vir ‘n ramp […]
# Krieket: Pakistan het die voormalige veelsydige speler, Azhar Mahmood, aangewys as tussentydse hoofafrigter van die toetsspan. Die 50-jarige is die vierde man om die pos in die laaste 18-maande in te neem en sal tot Januarie aanbly. Mahmood het as ‘n snelbouler en veelsydige speler 143 eendagwedstryde en 21 toetse vir Pakistan gespeel en […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, lei van vandag tot Donderdag Suid-Afrika se water- en sanitasieprogram by die Vierde Internasionale Konferensie oor Ontwikkelingsbefondsing in Sevilla, Spanje. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die konferensie is ‘n hoëvlak-wêreldplatform wat staatshoofde, ontwikkelingsinstellings en die burgerlike samelewing betrek om internasionale befondsingstelsels te hervorm en […]