# Basketbal: Die voorspeler van die Los Angeles Lakers, LeBron James, het geskiedenis gemaak deur die eerste National Basketball Association speler te word om vir sy 23ste seisoen aan te meld. Die 40-jarige is terug by die Lakers vir die 2025/26 seisoen deur sy 935-miljoen-rand speler-opsie uit te oefen. Hy het reeds die meeste punte […]
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die Provinsiale Gesondheidsdepartement om aankope by maatskappye te staak wat by korrupte Tembisa-hospitaalkontrakte betrek word, wat deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Deokaran as verdag uitgewys is. Die gesondheidswoordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê meer as 327-duisend-rand is in 2024 aan Nokokhokho Medical Supplies uitbetaal, ‘n […]
# Eiendomsagente is bekommerd nadat die sluiting van die Johannesburgse Aktekantoor ‘n wydverspreide agterstand in eiendomsregistrasies en ‘n ernstige kontantvloeikrisis veroorsaak het. Die kantoor se sluiting in Februarie was blykbaar weens onveilige boutoestande, insluitend stukkende hysbakke, rioollekkasies en oorstromings. Agente sê transaksies is van toe af gestaak en die agterstand vertraag verkope met twee tot […]
# Die MK-party is bekommerd oor wat hy ‘n ongelyke toepassing van geregtigheid noem, ná die arrestasie van sy Parlementslede, Brian Molefe en Siyabonga Gama. Dié voormalige Transnet-bestuurders het hulself aan die Valke oorgegee in verband met ‘n lokomotief-tender ter waarde van 93-miljoen-rand wat gekoppel word aan staatskaping. Die Party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, glo […]
# Mangaung se burgemeester, Gregory Nthatisi, sê die heropbou van die Welbedacht-pyplyn sal help met die verligting van die moeilike wateruitdagings wat die metro in die gesig staar. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die Welbedacht-pyplynprojek aan Vaal Central Water oorhandig. Spanne het die 33,7-kilometer lange pyplyn oorgedoen en die verouderde betonwaterpype […]
# Rugby: David Havili en Shannon Frizell is onder die vier All Blacks in die Australies-Nieu-Seelandse vyftiental wat teen die Britse en Ierse Leeus gaan speel. Shaun Stevenson en Folau Fakatava is die ander twee wat ingesluit is by die groep wat Andy Farrell se span op 12 Julie in Adelaide pak. Die span word […]