# Die DA sê die sale en gange van die Livingstone-hospitaal in Gqeberha in die Oos-Kaap is spookagtig leeg. Vier-en-sewentig personeellede is weg, insluitend 41 mediese beamptes, 15 registrateurs en 18 spesialiste. Die personeel wat oorbly, worstel met ‘n ondraaglike las en pasiënte wag angstig op behandeling. Die DA se woordvoerder, Jane Cowley, sê die […]
# Tennis: Die uitvoerende hoof van Wimbledon, Sally Bolton sê die Grand Slam-toernooi is nie gewoond aan skroeiende warm somerweer nie, maar is gereed daarvoor. Daar word verwag dat temperature tot 33-grade kan styg op die eerste dag van die kampioenskap in Londen. Wimbledon, wat gereeld koel, klam weer ondervind, het ‘n hittereël wat ingestel […]
# Basketbal: Die voorspeler van die Los Angeles Lakers, LeBron James, het geskiedenis gemaak deur die eerste National Basketball Association speler te word om vir sy 23ste seisoen aan te meld. Die 40-jarige is terug by die Lakers vir die 2025/26 seisoen deur sy 935-miljoen-rand speler-opsie uit te oefen. Hy het reeds die meeste punte […]
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die Provinsiale Gesondheidsdepartement om aankope by maatskappye te staak wat by korrupte Tembisa-hospitaalkontrakte betrek word, wat deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Deokaran as verdag uitgewys is. Die gesondheidswoordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê meer as 327-duisend-rand is in 2024 aan Nokokhokho Medical Supplies uitbetaal, ‘n […]
# Eiendomsagente is bekommerd nadat die sluiting van die Johannesburgse Aktekantoor ‘n wydverspreide agterstand in eiendomsregistrasies en ‘n ernstige kontantvloeikrisis veroorsaak het. Die kantoor se sluiting in Februarie was blykbaar weens onveilige boutoestande, insluitend stukkende hysbakke, rioollekkasies en oorstromings. Agente sê transaksies is van toe af gestaak en die agterstand vertraag verkope met twee tot […]
# Die MK-party is bekommerd oor wat hy ‘n ongelyke toepassing van geregtigheid noem, ná die arrestasie van sy Parlementslede, Brian Molefe en Siyabonga Gama. Dié voormalige Transnet-bestuurders het hulself aan die Valke oorgegee in verband met ‘n lokomotief-tender ter waarde van 93-miljoen-rand wat gekoppel word aan staatskaping. Die Party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, glo […]