# President Donald Trump van die VSA sal na verwagting later vandag ’n ‘volledige en omvattende’ handelsooreenkoms tussen die VSA en die Verenigde Koninkryk aankondig. Hy het op sy sosiale media-platform, Truth Social, geskryf dat die ooreenkoms die verhouding tussen die Verenigde State en Brittanje vir baie jare sal verstewig. Hy sê dat dit, weens […]
# Die Duitse president Frank-Walter Steinmeier het tydens sy herdenking van die Nazi-nederlaag, wat 80 jaar gelede die Tweede Wêreldoorlog in Europa beëindig het, Rusland gekritiseer oor die oorlog in Oekraïne. Steinmeier het sy dank betuig teenoor die Geallieerde magte en weerstandsbewegings wat Nazi-Duitsland verslaan het. Hy het ook die Sowjet-Rooi Leër, waarin Russiese en […]
# Sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se leierskapstruktuur in KwaZulu-Natal is versterk en hersaamgestel om sy teenwoordigheid in die provinsie te verbeter. Hy het voor die ANC se provinsiale taakspanvergadering gesê die sekretaris-generaal se kantoor werk saam met plaaslike leiers en belanghebbendes om bestuur en dienslewering te verbeter. Mbalula het die […]
# Die Stad Tshwane het amptelik sy 2024/25 pad-opgraderingsprogram van stapel gestuur om infrastruktuur, veiligheid en mobiliteit te verbeter. Die projek, wat in Wyk 39, Soshanguve-Suid, afskop, teiken die verswakkende toestand van paaie in Mabopane, Winterveld, Hammanskraal, Lynnwood, Olievenhoutbosch en Mamelodi. Die burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Tlangi Mogale, sê vyf kontrakteurs is op die […]
# Die polisie het oorskot gevind wat vermoedelik dié is van die Pretoriase joernalis Sibusiso Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Precious Mdhluli, wat in Februarie verdwyn het. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die ontdekking is gemaak in ‘n bos op die grens tussen Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Vyf verdagtes is in verband met […]
# Build One South Africa doen ’n dringende beroep op die ouditeur-generaal om ’n forensiese oudit van die Departement van Basiese Onderwys se begroting vir 2024/2025 van stapel te stuur. Dit volg op berigte van algemene wanbestuur, onbetaalde diensverskaffers en verwaarloosde infrastruktuur. Hulle voer aan dat die departement nie rekenskap gee van miljarde rand se […]
# Suid-Afrika se 2025 druiwe-oes vir wyn het uitstekende vruggehalte gelewer danksy matige, droë toestande wat geur, struktuur en suurgehalte verbeter het. Die uitvoerende hoof van die bedryfsliggaam SA Wine, Rico Basson, het ‘n opbrengs van 1,24-miljoen-ton aangeteken vanaf meer as 86-duisend hektaar. Basson sê hierdie oes beklemtoon die veerkragtigheid en toewyding van die land […]