# Beyoncé moes haar vertoning in Houston onderbreek toe die motor waarin sy gesit het, in die lug begin kantel het. Die rooi Cadillac, wat aan kabels hang, dra die superster teen die einde van haar vertoning hoog bo haar bewonderaars. Tydens die naweek se vertoning het dit begin kantel en die 43-jarige sangeres moes […]
# ʼn Groot deel van Europa loop deur onder ʼn hittegolf en owerhede het in talle lande gesondheidswaarskuwings uitgereik. Die suide van Spanje word die ergste geraak en ʼn nuwe rekord van 46 grade Celsius is Saterdag in die dorp, El Granado, aangeteken. Volgens Spanje se nasionale weerdiens is hierdie maand op pad om die […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christen-forum sê hy is geskok deur wat hy noem die DA se skynheiligheid en voortdurende dreigemente oor sy posisie in die regering van nasionale eenheid. Dit volg nadat die DA-leier, John Steenhuisen, vroeër aangekondig het die party gaan nie aan die Nasionale Dialoog deelneem nie weens die afdanking van die adjunkminister […]
# Rugby: Die Springbok-slot Jean Kleyn is nie beskikbaar vir die eerste wedstryd van die tuisreeks nie nadat hy Saterdag beseer is in die span se sege van 54-7 oor die Barbarians. Hy keer terug na sy Ierse klub, Munster, om van die besering te herstel. Die Springbokke het weggespring met veldvoorbereiding vir Saterdag se […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Junie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Gautengse regering moet voortgaan om sy skuld van 15,9-miljard-rand vir die geskrapte e-tolstelsel te vereffen ten spyte van begrotingsbeperkings. Die stelsel is in April 2024 ontkoppel. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens ses mans waaronder ‘n polisiesersant sal […]
# Die Britse polisie sê hulle ondersoek opmerkings wat die rap punk-duo Bob Vylan by die Glastonbury-fees gemaak het. Die kletsrymer Bobby Vylan het Saterdag op die fees se derde grootste West Holts-verhoog geskree “Free, free Palestine”, voor hulle die skare voorgegaan het in dreunsang teen die Israelse weermag. Die Israelse Ambassade in die Verenigde […]
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het met kommer kennis geneem van mediaberigte oor die moontlike inhegtenisneming van die polisie se nasionale kommissaris, Fannie Masemola. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê die Polisiedepartement is nie bewus van Masemola se moontlike arrestasie nie. Sy sê hulle neem ook kennis van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie […]
# Krieket: Skitterende boulwerk deur Wiaan Mulder, Cody Yusuf en Keshav Maharaj het die Proteas ʼn goeie voorsprong gegee op die tweede dag van die eerste toets teen Zimbabwe in Bulawayo, ondanks Sean Williams se 137. Suid-Afrika het gisteroggend sy eerste beurt gesluit op 418 vir nege en die gahseer is kort na teetyd uitgeboul […]