# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle beskou die DA se dreigement om aan die Nasionale Dialoog te onttrek en nie belangrike begrotings in die Parlement te steun nie, in ʼn ernstige lig. Mbalula sê president Cyril Ramaphosa het sy internasionale reis na Spanje gekanselleer in afwagting op die DA se aankondiging die […]
# Sokker: Paris Saint-Germain het Lionel Messi se span, Inter Miami, 4-0 verpletter om die kwarteindronde van die Klub-Wêreldbekertoernooi te haal. Afrigter Luis Enrique sê dit was nogal moeilik om Miami te klop. Die Spanjaard sê PSG se spelpeil is tans uitstekend en hulle hoop om in Amerika te seëvier. Inter Miami se afrigter, Javier […]
# Rugby: Die Junior Springbokke het Sondag in hul Groep A-openingswedstryd teen Australië in die Wêreldrugby onder 20-kampioenskap elf drieë gedruk. Hul afrigter, Kevin Foote, loof sy span vir hul sege van 73-17 nadat hulle Australië vir die grootste deel van die wedstryd, in moeilike toestande uitoorlê het. Die kaptein, Riley Norton, sê dit was […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die DA kan kies om die regering van nasionale eenheid te verlaat. Die DA het vroeër aangekondig hy onttrek hom aan die Nasionale Dialoog en gaan nie vir belangrike besluite rakende die begroting stem nie ná president Cyril Ramaphosa se afdanking van die adjunkminister van Handel, […]
# Die Wes-Kaapse polisie ondersoek die omstandighede rondom die ontvoering Saterdag van ʼn nege dae oue baba by ʼn winkelsentrum in Kaapstad. Die polisiewoordvoerder, Joseph Swartbooi, sê die kind se ma het hom laas by die Middestad-winkelsentrum in Bellville gesien. Hy sê die ma het sleg gevoel en die kind by ʼn persoon wat by haar […]
# Jeff Bezos en Lauren Sanchez het hul drie dae lange troue in Venesië Saterdagaand afgesluit met ʼn viering by ʼn ou Middeleeuse skeepswerf, Arsenale. Die Amazon-miljardêr en die voormalige joernalis is in ʼn privaat seremonie op die afgesonderde, geskiedkundige eiland, San Giorgio Maggiore, getroud. Venesië se ministerie van Toerisme het beraam die viering sal […]