# Die DA in Gauteng het die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gekritiseer oor onreëlmatige besteding van 1,3-miljard-rand, waarvan 210-miljoen-rand tussen April en Desember verlede jaar plaasgevind het. Alan Fuchs van die DA skryf dit toe aan die nie-nakoming van wetgewing wat gelei het tot die sluiting van organisasies sonder winsbejag en weerhouding van noodsaaklike […]
# Meer as ‘n honderd Amerikaanse universiteite en kolleges, insluitend Ivy League-instellings soos Princeton en Brown, het vandag ’n gesamentlike brief uitgereik waarin hulle president Donald Trump se politieke inmenging in die onderwysstelsel veroordeel. Dit volg nadat Harvard die Trump-administrasie gedagvaar het nadat Trump gedreig het om befondsing te sny en eksterne politieke toesig in […]
# Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, bevraagteken die deursigtigheid rakende die voortgesette betalings van die Covid-19-toelaag aan die taxibedryf. ‘n Bedrag van 408-miljoen-rand word in die 2025/26-begroting toegeken. Hierdie eenmalige bydrae het ten doel om die oorblywende 53-duisend-407 kwalifiserende operateurs wat nog ondersteuning moet ontvang, te help. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, het kommer […]
# Die Vatikaan het aangekondig dat pous Franciskus Saterdag begrawe sal word, terwyl wêreldleiers soos die Amerikaanse en die Oekraïnse president, Donald Trump en Volodimir Zelensky, dit gaan bywoon om die Katolieke leier te vereer. Die diens, wat na verwagting groot skares sal lok, sal plaasvind op die plein voor die Sint Petrus-basilika in die […]
# Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal sê hy mis nie die sport sedert hy in November uitgetree het nie. Die 38-jarige Spanjaard is vereer met die Sportikoon-toekenning op die Laureus-wêreldsporttoekennings in Madrid. Nadal sê hy het sy loopbaan op ’n gelukkige noot afgesluit, maar sou voortgegaan het as dit moontlik was, omdat hy […]