# Die Gautengse Onderwysdepartement sê vyf leerders van die Thuto-Lefa Secondary School in Munsieville, Krugersdorp, is in hegtenis geneem nadat twee mobiele klaskamers aan die brand gesteek is. Dit het na bewering gevolg op leerders se ontevredenheid met onlangse roosterveranderings. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê dis uiters ontstellend dat moontlike teenstand teen akademiese […]
# ʼn Amerikaanse weermagsersant op aktiewe diens is gearresteer nadat hy by die Fort Stewart militêre basis in Georgia losgebrand en vyf van sy medesoldate gewond het. Amptenare sê die verdagte, die 28-jarige sersant Quornelius Samentrio Radford, het met sy persoonlike handwapen op die soldate geskiet. Brigadier-generaal John Lubas sê die ondersoek duur voort en […]
# Die DA in die Wes-Kaap het sy versoek vir die dringende hervoming van die nasionale behuisingsfondsmodel herhaal omdat dit tans langtermyn sekerheid kortkom wat vir beplanning nodig is. Dirk Wessels van die party sê ‘n sprekende voorbeeld is die Greenhaven-behuisingsontwikkelingsprojek. Hy sê die projek benodig sowat een-duisend huise in Groot Brakrivier waar ongeveer dieselfde […]
# Die EFF het ʼn dringende versoek ingedien by die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, om hul kommer te lug oor vergaderplek-kostestruktuur. Die kommissie moet korrupsie in die strafregstelsel ondersoek. Die EFF sê sy kommer spruit uit die presedent wat deur die staatskapingskommissie geskep is. Dit het byna ʼn miljard-rand gekos en ʼn […]
# Die adjunkminister van Toerisme Maggie Sotyu, sê vroue is die eintlike stukrag in die toerismebedryf, nie net as werknemers en entrepreneurs nie, maar ook as kulturele toesighouers en agente vir verandering. Sy het gister die Atrium Boutique Hotel in Limpopo geopen. Dit het 100-persent swart eienaarskap en 60-persent hiervan is vroue. Sotyu sê dis […]
# Die parlementêre komitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging sê hy is weens die sterk handels- en beleggingsverhouding tussen Suid-Afrika en Amerika, bekommerd oor die uitwerking van die 30-persent Amerikaanse tariewe. Sowat agt-persent van Suid-Afrikaanse goedere wat in 2024 wêreldwyd uitgevoer is, was na Amerika. Die komitee sê hy is bekommerd oor die uitwerking van […]