# Die Vryheidsfront Plus waarsku inwoners, veral dié in Ekurhuleni, om voorkomend op te tree te midde van die maseluitbreking in die metro. Altesaam 80 bevestigde gevalle is reeds aangemeld. Die VF Plus-woordvoerder, Jennifer Glover, sê die Gautengse Gesondheidsdepartement hou die situasie dop, maar voeg by ouers en voogde moet waaksaam bly en die nodige […]
# Die Stad Tshwane sê hy sal die sake van die 44 werkers wat afbetaal is hersien wanneer al die ondersoeke na aantygings teen hulle afgehandel is. Die werkers is lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie en is in 2021 afbetaal nadat hulle aan ‘n onwettige protesoptog oor salarisverhogings deelgeneem het. SAMWU eis dat die […]
# Die Stad Tshwane verwelkom die verwerping van ʼn dringende hofaansoek deur twee maatskappye wat vanuit die stad se geboue in Bloedstraat, Marabastad, handeldryf. Die ondernemings beweer hulle is onwettig uitgesit nadat die metro verlede maand krag en water na die geboue afgesny het. Die metro-woordvoerder, Selby Bokaba, sê hierdie beslissing is ʼn betekenisvolle mylpaal […]
# ActionSA het die Gesondheidsdepartement kritiseer vir die versuim om die getal ongedokumenteerde migrante vas te stel wat van die land se gesondheidsorg-geriewe gebruik maak. Die departement het op ‘n parlementêre vraag geantwoord almal het die reg op toegang tot gesondheidsorg en niemand mag dringende mediese hulp geweier word nie. Kgosi Letlape van ActionSA sê as […]
# Forum for South Africa sê die land verdien ‘n mynbedryf wat wettig, veilig en voordelig vir sy burgers is. Minstens 550 vermeende onwettige mynwerkers, waaronder buitelanders en minderjariges, is die afgelope paar dae by die Sheba-goudmyn in Barberton, Mpumalanga, aangekeer. Die meeste verdagtes is van Mosambiek, Swaziland, Lesotho en Zimbabwe. Die forum se leier, […]
# Die Stad Tshwane se Energie- en Elektrisiteit-sake-eenheid sê klante in die Pretoria-middestad en Princess Park-verspreidingsgebiede word van tienuur vanoggend deur ʼn beplande kragonderbreking geraak. Dit is weens nood-onderhoudswerk aan die elektrisiteitsnetwerk en toetsing by die Princess Park-substasie. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê gebiede soos Pretoria se middestad, Pretoria Townlands, Wes-Park, Salvokop en Asiatiese Basaar sal […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê vyf leerders van die Thuto-Lefa Secondary School in Munsieville, Krugersdorp, is in hegtenis geneem nadat twee mobiele klaskamers aan die brand gesteek is. Dit het na bewering gevolg op leerders se ontevredenheid met onlangse roosterveranderings. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê dis uiters ontstellend dat moontlike teenstand teen akademiese […]