# Minister Solly Malatsi sal vandag die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë inlig oor ‘n nuwe konsep-beleidsrigting vir die inligting- en kommunikasietegnologiesektor. Die bespreking sal fokus op lisensiëringsaansoeke en die ekwiteit-ekwivalente beleggingsprogram. Malatsi sal na verwagting ook lede van die Parlement inlig oor die begroting ter waarde van 150-miljoen-rand wat gebruik is […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom Moeketsi Mphatlatsa se vonnis van 20 jaar tronkstraf vir ‘n wrede plaasaanval in 2020 op ‘n bekroonde boer, Mimie Jacobs in die Vrystaat. Die Landdroshof in Winnie Mandela, voorheen Brandfort, beskryf die aanranding as genadeloos en fyn beplan. Die NVG se streekswoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê hierdie vonnis stuur ‘n sterk […]
# Die Streekshof in Edenburg, Vrystaat, het pastoor Albert Tamasane tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die seksuele misbruik van sy slagoffer wat elf was toe sy in 2019 in sy sorg gelaat is. Volgens Mojalefa Senokoatsane van die NVG beklemtoon die uitspraak die oplegging van die maksimum straf in ‘n misdaad waar die slagoffer se […]
# Die GOOD-party sê nuwe voorwaardes wat deur die Nasionale Tesourie op maatskaplike toelaes ingestel word, is haglik en skadelik vir weerlose burgers. Hierdie reëls sluit in maandelikse banktjeks, biometriese siftingstoetse en uitgebreide dataverifikasies wat miljoene kan verhinder om noodsaaklike toelaes te ontvang. Dit kom ten spyte van die Hooggeregshof se uitspraak in Pretoria wat […]
# Die DA sê polisiefunksies moet aan plaaslike en provinsiale regerings gegee word om bendegeweld in die Wes-Kaap te help bekamp. Dit volg na ‘n bloedige naweek in Kaapstad, waar 26 moorde, 58 pogings tot moord en 84 bendeverwante voorvalle aangemeld is. Thomas Walters van die DA sê plaaslike pogings soos die Wetstoepassingsbevorderingsplan blyk doeltreffend […]
# Motorsport: Thailand beplan om ‘n bod in te dien om teen 2028 ‘n Formule Een-wedren aan te bied. Eerste minister Paetongtarn Shinawatra het die naweek tydens die Grand Prix in Monaco hieroor met besluitnemers vergader. ‘n Bod- en uitvoerbaarheidsvoorstel sal volgende week aan die Thaise kabinet voorgelê word vir goedkeuring. Daar word al langer […]
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA hou vandag ‘n optog na die kantoor van KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, in Pietermaritzburg. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê hulle eis dat die provinsiale regering ophou om tenders toe te ken aan sekerheidsmaatskappye wat nie aan vereistes voldoen nie. Sy beskuldig hierdie firmas daarvan dat hulle werkers bedrieg deur mediese en […]
# Sokker: Real Madrid se nuwe afrigter, Xabi Alonso, het beloof om groot dinge te doen wat die Spaanse reuse waardig is. Hy glo hy het die energie en opwinding daarvoor. Die 43-jarige voormalige Spaanse speler is aangekondig as Carlo Ancelotti se plaasvervanger nadat die Italianer aangestel is as Brasilië se nasionale breier. Alonso neem […]
# Sokker: Spanje se afrigter, Luis de la Fuente, het die middelveldspeler Isco opgeroep vir die laaste vier Nasiesliga-wedstryde, ses jaar na sy laaste verskyning vir La Roja. Die 33-jarige het ‘n uitstekende seisoen vir Real Betis gehad en hulle gehelp om die Konferensieliga-eindstryd te haal waar hulle môre teen Chelsea te staan kom. Spanje, […]