# Die Landbounavorsingsraad doen ‘n beroep op die regering om dringend kleinboere se infrastruktuuruitdagings in die Oos-Kaap, te takel. Die raad sê swak paaie, ‘n gebrek aan bergingsfasiliteite en beperkte marktoegang verhoed steeds boere om hul bedrywighede in winsgewende besighede te omskep. Mthuthuzeli Magadlela van die raad het aan die SABC gesê baie gewas- en […]
# Die Stad Tshwane se veelparty-koalisieregering het die toerismesektor as voorkeur finansiële sektor geëien vir ondersteuning wat werkskepping en ekonomiese groei betref. In 2024 het toerisme en reise 618-miljard-rand tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê om ekonomiese groei te versnel, het die koalisieregering vroeër vanjaar […]
# Die brandweerdienste van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê die Rooshoek-pad buite Wellington is gesluit. Dit is as gevolg van ‘n voorval met ‘n tenkwa wat salpetersuur vervoer het. Die tenkwa het laat gisteraand die grondpad verlaat en omgeslaan. Niemand is beseer nie. Jo-Anne Otto van die munisipaliteit sê die vragmotor is nie beskadig nie […]
# Santam se 2025 Versekeringsbarometerverslag het onthul die moeilike ekonomiese omstandighede bly ʼn bron van kommer vir verbruikers en sakeondernemings. Die studie het bevind 84-persent van die deelnemers moes finansiële aanpassings maak om die stygende lewenskoste te hanteer. Atang Matebesi van Santam sê ten spyte hiervan het slegs ʼn klein aantal mense hul korttermynversekering verlaag […]
# Die Operageselskap van die Universiteit van Kaapstad en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes bied vanaand ‘n uitvoering van die Italiaanse komponis Giuseppi Verdi se opera, Il Trovatore, aan saam met die kragtige stemme van die AfriArts-koor. Dis die eerste keer in 20 jaar dat Il Trovatore in Kaapstad uitgevoer word. Dit is ‘n boeiende verhaal […]
# Die DA in Gauteng sê sy voortgesette druk het daartoe gelei dat twee inspekteurs van die provinsiale Onderwysdepartement wat betrek word by herstelwerk aan die Noordgesig Secondary School in Soweto, geskors is. Die departement het gister bekendgemaak dat fondse toegeken is vir dringende herstel- en opknappingswerk by die skool, maar van die werk is […]
# Die Stad Kaapstad sê sy alkohol- en dwelmbehandelingsprogram vir adolessente is ‘n sukses. Vandag is Internasionale dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel. ‘n Onlangse verslag deur die Suid-Afrikaanse Gemeenskaps-epidemiologiese netwerk vir Dwelmgebruik het bevind daar is ‘n toenemende probleem in die geval van vroue van 18 jaar en jonger. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en […]
# Die 2025 Oceans 8 Charity Swim in Durban het sowat 1,1-miljoen-rand ingesamel ter onfersteuning van meer as 14 liefdadigheidsorganisasies. Ongeveer 250 swemmers het deelgeneem. Lamontville-swemakademie se swemmers is die eerste keer betrek en hul inskrywingsgeld is deur die Balwin Foundation NPC geborg. Die opbrengs sal organisasies ondersteun wat betrokke is by bewaring, onderwys en […]