# Die Gautengse Onderwysdepartement sê die ondersoek na bewerings dat onderwysposte by die Unity Secondary School in Daveyton, Ekurhuleni, verkoop word, is weens gebrek aan bewyse gesluit. Dit volg na ʼn klagte wat in November 2024 ontvang is. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê ʼn aansoeker beweer daar moes 17-duisend-rand in ʼn sekere onderwyser […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het onder die loep gekom weens die besteding van 18,6-miljoen-rand oor vyf jaar om 140 parkeerplekke by die Halyard-gebou in Kaapstad te huur. Die besteding is volgens News24 gemiddeld 3,72-miljoen rand per jaar. Dit wek kommer weens die voortdurende uitdagings met studentefinansiering. Die Spesiale Ondersoekeenheid wil by die […]
# Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, vra dat meer internasionale druk op Israel geplaas word. Dit volg na twee afsonderlike lugaanvalle op Gaza die naweek waarin 24 mense dood is. Volgens berigte was een op ʼn skool waar ontheemde gesinne gehuisves word. Makgoba sê Israel se aggressie is nou buite verhouding met Hamas […]
# Die Stad Kaapstad het sy aansoektydperk vir seisoenale menseredders amptelik geopen. Aansoekers moet aan sekere vereistes voldoen. Dit sluit in kwalifikasies in menseredding en noodhulp, toetse vir misdaadrekords en dwelmgebruik, ʼn onderhoud waar van toepassing, en hulle moet ook ʼn swem- en reddingstoets slaag. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê aansoeke […]
# Die Humanity Foundation, in samewerking met Rise Against Hunger, het die verpakking en verspreiding van meer as 27-duisend etes gevier. Die etes is aan behoeftige inwoners van Boksburg in Gauteng geskenk. Die geleentheid by die Hoërskool Voortrekker het sy doelwit van 26-duisend maaltye met die hulp van 97 vrywilligers oorskry. Die stigting ondersteun Rise […]
# ʼn Student aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, Andile Wiseman Nkalanga, is met die gesogte Kanselierstoekenning vereer vir uitnemende akademiese prestasie in die Fakulteit Inligting- en Kommunikasietegnologie. Hy het 16 onderskeidings behaal tydens sy studie vir ʼn diploma in Rekenaarwetenskap. Nkalanga erken dat dit nie maklik was nie, maar sê sy vasbeslotenheid om uitsonderlike […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke vra besoekers om die wenke vir veiligheid na te kom om te verseker dat hulle ‘n aangename ervaring indie Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad het. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê hierdie naweek het hulle in twee afsonderlike voorvalle jong vroue gehelp wat snags op Seinheuwel en Leeukop gestrand was. […]
# Sokker: Die Premierligaspan, Aston Villa, het ʼn amptelike klagte ingedien teen die skeidsregter Thomas Bramall en beskuldig hom dat hy ʼn beslissing gemaak het wat hulle ʼn plek in volgende seisoen se Kampioeneliga kan kos. Bramall het Morgan Rogers se doel in die 73ste minuut van die kragmeting met Manchester United gekanselleer terwyl die […]