# Build One South Africa sê die skerp styging in seksuele misdade toon die dringende behoefte om die nasionale register vir seksoortreders openbaar te maak. Die polisie se jongste misdaadstatistieke toon dat meer as 13-duisend seksuele oortredings aangemeld is, terwyl kontakaanrandings met 21-persent gestyg het. BOSA wil hê die register moet gedigitaliseer en met skole […]
# Business Leadership South Africa versoek die regering om dringend aandag te skenk aan die mislukte logistieke stelsel om te verhoed dat ekonomiese herstel benadeel word. BLSA waarsku voortgesette probleme met hawens, spoor- en vervoerinfrastruktuur veroorsaak vertragings en toenemende koste vir ondernemings, wat ‘n bedreiging is vir groei, belegging en werkskepping. Die organisasie se uitvoerende […]
# Die Ntirhisano-gemeenskapsentrum dring aan op eenheid en solidariteit onder inwoners van wyk 56 in Kaapstad om diepgewortelde ongelykheid en diensleweringsuitdagings te oorkom. Hulle veroordeel ‘n onlangse xenofobiese protes wat teen vlugtelinge by die Wingfield-vlugtelingkamp beplan is en noem dit ‘n gevaarlike afleiding van die werklike probleme wat alle gemeenskappe raak. Phillip Nyalungu van die […]
# Cosatu sê hy sal met die betrokke Departemente vir Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, sowel as Handel, Nywerheid en Mededinging, in gesprek tree om versekering te kry oor die voorgestelde beleidsrigting rondom ekwiteit-ekwivalente beleggingsprogramme in die IKT-sektor. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê swart ekonomiese bemagtiging bly noodsaaklik in Suid-Afrika wat steeds worstel met diepgewortelde […]
# Iran weier om sy uraanverryking op te skort as deel van ‘n kernooreenkoms met Amerika. Dit was ‘n sleuteleis van Washington tydens vorige samesprekings tussen die twee lande. Die kwessie van verryking het die afgelope weke weer vorendag gekom, met Iran wat sy reg op uraan-verryking verdedig as deel van wat hy ‘n burgerlike […]
# Nie-regeringsorganisasies en die publiek vra dat Kelly Smith moet sê waar haar dogter, Joslin, haar tans bevind, voor die vonnisopleggingsproses môre begin in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Die driedaagse proses sluit in betoë en verswarings met die veroordeelde drietal – Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn – wat op hulle […]