# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging se voortslepende vertraging om die registrasie van verpleegkundiges wat einde 2024 gekwalifiseer het, af te handel. Die land beleef ʼn ernstige tekort aan verpleegkundiges en na raming is sowat 26-duisend bykomende verpleegkundiges nodig. Die raad sê die vertragings is dikwels […]
# Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en Suid-Afrika se G20-sjerpa, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal met Amerika vergader om waninligting oor die land reg te stel. Dit volg nadat president Donald Trump aangedui het hy gaan in November die G20-beraad in Suid-Afrika boikot en weer die land beskuldig het dat wit boere vervolg […]
# Die popster Katy Perry sê sy sal ‘n liedjie skryf oor haar ervaring in die ruimte. Sy was gister deel van ‘n span vrouens wat die ruimte besoek het aan boord van Jeff Bezos se Blue Origin-vuurpyl. Die joernalis Lauren Sánchez, die uitsaaier Gayle King, die vuurpylwetenskaplike Aisha Bowe, die burgerregte-aktivis Amanda Nguyen en […]
# Suid-Afrika se nuwe spesiale gesant na die Verenigde State, Mcebisi Jonas, het belowe om sy bes te doen om ‘n gesonde werksverhouding tussen die twee lande te bevorder, maar sê hy is bewus van die probleme wat hy waarskynlik sal teëkom. Die voormalige adjunkminister van Finansies sal die land se diplomatieke, handels- en bilaterale […]
# Die Mxenge-stigting verwelkom die begin van ‘n geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsregspraktisyn, Griffith Mxenge en die ANC-leier, hoofman Albert Luthuli. Die stigting se voorsitter en die ANC-adjunksameroeper in KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube het in gesprek met Newzroom Afrika beklemtoon hoe belangrik geregtigheid is vir die individue wat ‘n deurslaggewende rol in Suid-Afrika […]
# Die Verenigde Nasies se Handels- en Ontwikkelingsagentskap waarsku stygende wêreldtariewe kan die wêreld se armste ekonomieë verwoes. ‘n Nuwe verslag bepleit dat die armste lande vrygestel word van voorgestelde Amerikaanse tariewe, wat 57 handelsvennote teiken. Die agentskap sê hoewel hierdie lande se bydra tot Amerikaanse tekorte minimaal is, kan die tariewe, as dit ná […]
# Meer as 13-duisend-800 verdagtes is in die afgelope week tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Die polisie het ook 21 jeugdiges uit ‘n onwettige kamp in Mpumalanga gered en beslag gelê op meer as 100 vuurwapens. Bykomende arrestasies sluit in 164 vir verkragting en 170 vir moord. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê operasies sal […]
# Die Forum vir Suid-Afrika het teleurstelling uitgespreek oor president Cyril Ramaphosa se aanstelling van Mcebisi Jonas, die voormalige adjunkminister van Finansies as spesiale gesant na die VSA. Die forum sê dit dui op Ramaphosa se gebrek aan belangstelling om die verslegtende verhouding tussen die twee lande reg te stel. Hoewel hy Jonas se integriteit […]
# Eskom en Exxaro het saamgespan om klimaatsverandering te beveg en besoedeling te verminder. Hulle het ‘n nuwe ooreenkoms onderteken om koolstofvrystellings te verminder, luggehalte te verbeter en ‘n regverdige oorgang na skoner energie te ondersteun. Die plan sluit in die gebruik van nuwe groen tegnologie, die skep van werkgeleenthede en die opleiding van werkers […]