# Die ANC het die aanstelling verwelkom van ‘n nuwe direksie vir die OR Tambo School of Leadership. Die aanstellings is tot 31 Mei 2028 van krag. ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê hulle verwelkom die heraanstelling van Kgalema Motlanthe, wie se voortgesette leierskap ‘n rykdom van ervaring, integriteit en strategiese insig meebring. Sy sê Motlanthe se […]
# Die stigter van Young Intelligent Minds of South Africa, Jeffrey Mabunda, het ‘n beroep op alle staatsamptenare gedoen om hul mediese fondse prys te gee en openbare hospitale vir mediese sorg te gebruik. Hy sê wanneer adjunkpresident Paul Mashatile siek is, gaan hy nie na die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal nie. Mabunda sê […]
# Die DA sê hy gaan aan die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, skryf om te versoek dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, dringend voor die komitee verskyn. Die party sê hy moet verduidelik waarom senior polisie-offisiere die Parlement mislei het oor die weglating van geslagsgeweldstatistiek in die jongste nasionale misdaadverslag. […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale Departement van Landbou het 98-persent van sy jaarlikse prestasieteikens vir die 2024/2025-boekjaar bereik. Die party sê die indrukwekkende resultaat is ‘n bewys dat die departement sy mandaat nakom om boere en die landbousektor te ondersteun. Noko Masipa van die DA sê of dit nou deur huishoudelike […]
# ‘n Vierjarige seun is vanoggend dood in ‘n huisbrand in Brakpan, Ekurhuleni. Die woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, William Ntladi, sê brandbestryders van die Brakpan-brandweerstasie het ‘n oproep ontvang oor ‘n huis wat aan die brand is met iemand wat binne vasgekeer is. Hy sê met hul aankoms het hulle gevind die brand was op […]
# Die Stad Tshwane sê verskeie gebiede ondervind tans kragonderbrekings nadat rook in die vroeë oggendure uit die Brakfontein-substasie geborrel het. Die stad se tegniese span is onmiddellik na die terrein gestuur en het die kommunikasiepaneel wat vermoedelik die bron van die probleem was, suksesvol geïsoleer. Die hele substasie is afgeskakel sodat die instandhoudingspan enige […]
# Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, doen ‘n beroep op die regering en die Nasionale Tesourie om meer fondse aan munisipaliteite toe te ken. Malatji het gister die ANC-jeugliga toegespreek tydens die Oos-Kaapse 16 Junie-herdenking in Mount Ayliff, in die Alfred Nzo-streek. Hy sê baie provinsiale departemente in die land het nie die […]
# Tennis: Die Rus, Daniil Medvedev het die Duitse gunsteling Alexander Zverev in drie stelle uitgeskakel om die eindronde van die ATP-toernooi in Halle te haal. Die wêreldnommer 11 het in ‘n stryd van net minder as drie uur met 7-6, 6-7, 6-4 geseëvier. Later vanmiddag speel Medvedev in sy eerste eindstryd op die toer […]