# COPE het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, se besluit om toegewings te maak wat wetgewing oor Breed-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging betref, veroordeel. Die minister het ʼn beleidsaanwysing vir openbare kommentaar gepubliseer wat aansoekers vir kommunikasielisensies toelaat om ʼn reël te omseil waarvolgens lisensiehouers 30-persent besit aan ʼn voorheen benadeelde groep […]
# Die Onafhanklike Finansiële Adviseursforum het aansoek gedoen vir ʼn hofinterdik om die Stad Johannesburg te keer om voort te gaan met ʼn mediesefonds-tender en voer aan dis onregmatig. Die metro het besluit om te tender vir die aanstelling van ʼn enkele mediesefonds-verskaffer vir sy werknemers. Die forum se woordvoerder, Njabulo Majola, sê dis duidelik […]
# President Donald Trump van Amerika sê hy het ingestem om die 50-persent-tariewe op invoere uit die Europese Unie tot 9 Julie uit te stel. Dit volg ná gister se telefoniese gesprek met die Europese Unie se president, Ursula von der Leyen. Die 50-persent-koers sou volg nadat Trump in April ʼn wederkerige tarief van 20-persent […]
# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Akani Simbine bly vanjaar onoorwonne in die 100-meter nadat hy sy derde Diamantliga-sege van die jaar in Rabat, Marokko, behaal het. Hy het met ʼn tyd van 9,95-sekondes voor Ferdinand Omanyala van Kenia en die Amerikaner, Fred Kerley, oor die wenstreep genael. Simbine se landgenoot, Zakithi Nene, het ʼn sterk vertoning […]
# Oudpresident Thabo Mbeki het die omstrede “Kill the Boer”-lied verdedig en sê dis ʼn simboliese uitdrukking van die teenapartheidstryd. Die lied was verlede week in die kollig nadat president Donald Trump tydens sy ontmoeting met president Cyril Ramaphosa by die Withuis ʼn video gespeel het waarin EFF-leier Julius Malema dit dreunsing. Mbeki het aan […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 26 Mei 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan sowat een-duisend-700 skuldinvorderaars in diens neem in ‘n poging om die byna 400-miljard-rand se onbetwiste skuld op sy boeke in te vorder. ‘n Verdere bedrag van sowat 100-miljard-rand word tans betwis. # En die Netwerk24-webblad: […]