# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sal Vrydag by die departement se uitreikprogram in die uMngeni Munisipaliteit, KwaZulu-Natal aansluit om Slim ID’s en noodsaaklike dokumente te versprei. Die projek vorm deel van die departement se doelwit om die dienste wat Binnelandse Sake bied, direk aan gemeenskappe te lewer en om te verseker alle […]
# Vervaardigingsproduksie het in Februarie met 3,2-persent gedaal vergeleke met verlede jaar. Volgens Statistieke Suid-Afrika was die grootste dalings in motorvoertuie en petroleum. Produksie het egter effens gestyg met 0,3-persent vanaf Januarie. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê die afgelope drie maande het produksie met 2,3-persent gedaal en motorvoertuie en ystersektore het die negatiewe groei […]
# President Cyril Ramaphosa het die Wêreldhandelsorganisasie versoek om te verseker globale handelsreëls bevorder billike ontwikkeling. Hy het ‘n toespraak gelewer oor die organisasie se 30ste herdenking en gesê huidige reëls beperk vordering vir ontwikkelende lande wat hulle in laewaarde-produksie vasvang en blootstel aan ekonomiese skokke. Ramaphosa vra hervormings wat vervaardiging en ekonomiese groei ondersteun:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het een-duisend-200 nuwe doktersposte aangekondig om die tekort aan gesondheidsorg-werkers teen te werk. Hy sê die Nasionale Gesondheidsraad het danksy die nuwe begroting toestemming gegee vir die werwing van die dokters, 200 verpleegkundiges en 250 ander gesondheids-beroepslui teen ‘n koste van twee-miljard-rand:
# Die voorsitter van Kulturele, Godsdiens- en Taalgemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, sê verskeie kommissies sal binnekort ondersoek instel na die hantering van die hofsaak teen die Nigeriese televisie-evangelis, Timothy Omotoso. Dit volg nadat hy in die Oos-Kaapse Hooggeregshof vrygespreek is op 32 aanklagte, insluitend van verkragting en mensehandel, nadat die verhoor agt-jaar gesloer het. Mkhwanazi-Xaluva beklemtoom […]
# Rusland en die Verenigde State het vandag gevangenes uitgeruil, in die tweede gevangene-uitruiltransaksie sedert die Amerikaanse president Donald Trump na die Withuis teruggekeer het en die twee supermoondhede nouer bande najaag. Moskou het die VSA-Russiese balletdanseres en spa-werker, Ksenia Karelina, vrygelaat wat in Rusland aangehou is vir ‘n 12-jaar vonnis op aanklag van hoogverraad. […]