# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is senuweeagtig oor die VSA se toetrede tot die Israel-Iran-oorlog. Amerika het oor die naweek drie belangrike kernfasiliteite in Iran aangeval. Die operasie het 125 Amerikaanse militêre vliegtuie betrek, insluitend sewe B-2-Stealth-bomwerpers. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika het gehoop president Donald Trump gebruik sy invloed om die […]
# ActionSA sê hulle gaan vandag ‘n intensiewe landwye veldtog in Alexandra, Johannesburg, bekendstel, vir die herstel van plaaslike regering in Suid-Afrika. Die party sê die bekendstelling sal plaasvind in ‘n gemeenskap wat, soos baie ander regoor Suid-Afrika, verwaarloos en agtergelaat is. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê in die komende maande sal hulle dié veldtog […]
# Die Departement van Werkskepping en Arbeid sê administratiewe afwykings en ‘n poging tot bedrog deur die vennote van die Arbeidsaktiveringsprogram het toelaagbetalings vir deelnemers aan die indiensnemingsprogram vertraag. Die departementele woordvoerder, Teboho Thejane, sê ‘n oorsig deur die Werkloosheidsversekeringsfonds het geleenthede vir verbeterde administratiewe akkuraatheid uitgelig. Hy sê die WVF versterk sy hersieningsproses vir […]
# Die MK-party veroordeel wat hy bestempel as die “roekelose en onwettige” Amerikaanse militêre aanval op die Islamitiese Republiek van Iran se kernfasiliteite ten sterkste. Die party sê die brutale daad van aggressie, wat sonder VN-magtiging uitgevoer is, verteenwoordig ‘n skending van internasionale reg, soewereiniteit en die basiese beginsels van vrede, selfbeskikking en weerhouding. Die […]
# Die DA in Gauteng sê hulle verwerp die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se plan om voedselbanke te sentraliseer deur die verspreiding van voedselpakkies van 288 organisasies sonder winsbejag en vyf streeksvoedselbanke na ‘n sentrale voedselbank te verskuif. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê die plan om ‘n sentrale voedselbank te stig, volg nadat die […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het weer vir sy lede in skoolbeheerliggame landswyd gevra om die onwettige riglyne vir die instelling van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te ignoreer. Dit volg nadat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, riglyne oor skooltale en toelatings vrygestel het. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê skoolbeheerliggame moet die […]
# Die DA het die uitspraak van die Vrystaatse Hooggeregshof verwelkom, wat die onmiddellike ontbinding van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se raad gelas het. Die party sê die munisipaliteit is disfunksioneel en het versuim om sy grondwetlike pligte na te kom om selfs die mees basiese dienste te verskaf, insluitend toegang tot water, sanitasie en […]
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê al vier die beloftes wat hy in sy ampstermyn gemaak het, sal steeds nagekom word. McKenzie het belowe dat Formule Een na Suid-Afrika sal terugkeer, video-assistent-skeidsregters in sokker ingestel word, Bloemfontein Celtic Soccer sal terugkeer, en befondsing vir die vermaaklikheidsektor beskikbaar gestel word:
# Die ANC het die aanstelling verwelkom van ‘n nuwe direksie vir die OR Tambo School of Leadership. Die aanstellings is tot 31 Mei 2028 van krag. ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê hulle verwelkom die heraanstelling van Kgalema Motlanthe, wie se voortgesette leierskap ‘n rykdom van ervaring, integriteit en strategiese insig meebring. Sy sê Motlanthe se […]