# Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê ongedokumenteerde kinders van immigrante in Suid-Afrika het die reg op onderwys. Hy sê begrotingstoekennings wat volgens geboortesertifikate gedoen word, het ‘n negatiewe invloed op die voeding van die kinders. Makaneta sê die Suid-Afrikaanse regering moet besin oor die breër kwessie van toegang tot skoolvoeding om te verseker dat elke geregistreerde […]
# Minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê die G20-ontwikkelingswerkgroep gaan voort om te belê in inkomste-ondersteuning, universele gesondheidsorg, onderwys, behuising en toegang tot basiese dienste. Ramaokgopa sê die G20 se eie hoëvlakbeginsels oor maatskaplike beskerming, wat in 2021 aangeneem is, het die kritieke rol van maatskaplike beskerming in die bou van veerkragtigheid […]
# ‘n Verdagte sal vandag in die Landdroshof in Kaapstad verskyn, in verband met intimidasie. Die woordvoerder van die Valke, Thandi Mbambo, sê die 28-jarige verdagte is Vrydag in Germiston, Ekurhuleni, in hegtenis geneem nadat ‘n intimidasiesaak vroeër vandeesmaand aangemeld is. Sy sê ‘n uitvoerende hoof van ‘n maatskappy in Kaapstad het na bewering ‘n […]
# Rugby: Bordeaux-Begles se vleuel, Damian Penaud, is as die Europese Speler van die Jaar gekroon nadat sy span Northampton Saints in Cardiff geklop het om die Kampioenebeker te wen. Hy het twee van sy span se vier drieë gedruk in hulle oorwinning van 28-20. Penaud is die derde Fransman wat die toekenning wen na […]
# Die antieke Belgiese stad Brugge vra toeriste om op te hou om keistene uit sy geskiedkundige strate te steel. Die strate word deur UNESCO as Middeleeuse strate beskou. Die plaaslike politikus Franky Demon sê na raming verdwyn 50 tot 70 stene elke maand en dit kos gelykstaande aan vier-duisend-rand per vierkante meter om hulle […]
# Die GOOD-party het ‘n amptelike brief aan die Kaapstad Stadsbestuurder voorgelê waarin ‘n dringende ondersoek en verantwoording geëis word. Jonathan Cupido sê dit is as gevolg van kommerwekkende onthullings oor die DA wat die Kaapstad Funny Festival, wat deur die stad geborg word, vir politieke fondsinsameling gebruik word. Hy sê ten spyte van verskeie […]
# Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi laat sy ydelheidsprojek, die Nasi Ispani-program, herleef met ‘n verbintenis om 40 000 werksgeleenthede te skep. Refiloe Nt’sekhe van die party sê dit het plaasgevind ten spyte van die DA se waarskuwing dat die program ‘n gebrekkige politieke foefie is wat nie genoeg befondsing het nie. […]
# Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê onwettige finansiële geldvloei bly ‘n kritieke uitdaging vir baie lande, veral op die Afrika-kontinent. Ramokgopa het die Derde G20-ontwikkelingswerkgroepvergadering in KwaZulu-Natal toegespreek. Sy sê volgens die Afrika-Eenheid Ekonomiese Kommissie vir Afrika oor onwettige finansiële vloei, verloor die Afrika-vasteland na raming jaarliks 1,5-triljoen-rand as gevolg […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is uiters bekommerd oor ernstige en voortdurende probleme by die Gautengse Departement van Gesondheid wat op sistemiese ineenstorting dui. Claude Naiker van die vakbond sê werknemers, veral in nood- mediese dienste en forensiese patologiedienste, werk gereeld meer as 160 uur per maand sonder om oortydbetaling te ontvang. Hy […]