# Die spesiale nasionale uitvoerende komitee van die vakbondfederasie SAFTU het besluit om krities en teësinnig aan die Nasionale Dialoog-proses deel te neem. Hy sê dit is gegrond op ‘n duidelik gedefinieerde klasperspektief en ‘n onwrikbare toewyding aan die werkersklas-saak. Die dialoog is daarop gemik om die land se dringende kwessies aan te spreek, insluitend […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die Kgodumodumo-dinosourussentrum in die Vrystaat sal omgewingsopvoeding en gemeenskapstrots bevorder. Hy en die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die wêreldklas kulturele en wetenskaplike sentrum in die Golden Gate-hooglandpark bekendgestel. George sê dis ‘n plek waar wetenskap, kultuur en bewaring saamkom om […]
# Die DA vra die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om die nodige wetgewende en regulatoriese hervormings te bespoedig om Suid-Afrika se geskiedkundige gebrek aan mededinging te hanteer. Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se jongste verslag het bevind die land het die meeste beperkings van alle lande wat by die opname betrek […]
# Die Vryheidsfront Plus sê dis tyd dat die Stad Kaapstad in sekere dele van die metro die elektrisiteitsvoorsiening by Eskom oorneem. Die metro voorsien tans krag aan 75-persent van Kaapstad terwyl Eskom die orige 25-persent regstreeks voorsien. Grant Marais van die VF Plus sê die gebiede wat krag van Eskom kry, beleef dikwels kragonderbrekings […]
# Die Workers and Socialist Party veroordeel die Amerikaanse aanvalle op Iran en sê dit is ‘n katastrofiese eskalasie van imperialistiese aggressie. Amerika het die naweek drie kernaanlegte in Iran gebombardeer en beweer hy het die land se kern-ambisies ‘n nekslag toegedien. Mametlwe Sebei van die Workers and Socialist Party sê die oorlog gaan nie […]
# Die adjunkpresident, Paul Mashatile, se skoonsuster word verbind met Sizekhaya Holdings, wat die lisensie ontvang het om Suid-Afrika se nasionale lotery vir agt jaar te bedryf. Volgens die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek is Khumo Bogatsu ‘n mede-eienaar en mede-bestuurder van Bellamont Gaming, een van Sizekhaya se aandeelhouers. Die maatskappy ontken dat daar politieke inmenging […]
# Die GOOD-party sê Amerika en ander wêreldmagte het ʼn morele en regsverpligting om internasionale reg te laat geld en dit nie volgens strategiese belange toe te pas nie. Dit volg nadat Amerika die naweek drie Iranse kernaanlegte aangeval het. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die party herhaal president Cyril Ramaphosa se oproep vir […]