# Nooddienste in die Stad Tshwane doen ‘n beroep op inwoners om waaksaam te bly nádat ‘n Vlak 3 Geel Waarskuwing vir ernstige donderstorms vir vandag uitgereik is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar reën, hael, skadelike wind en weerlig in Gauteng, insluitend Tshwane. Risiko’s sluit in gelokaliseerde oorstromings, verkeersontwrigtings en skade aan infrastruktuur. Inwoners […]
# Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het besluit om die regering van nasionale eenheid te herset ten einde deelname te verbreed en sy doeltreffendheid te versterk. Die komitee het party-amptenare aangesê om weer met die RNE-vennote in gesprek te tree om die volle implementering van die verklaring van voorneme te verseker. By ‘n […]
# Krieket: Baie spelers het hulle posisies op die wêreldranglyste verbeter na die briljante toetsreeks tussen Engeland en Indië. Indië se aanvangskolwer, Yashasvi Jaiswal, is nou vyfde onder die toetskolwers nadat hy 411 lopies aangeteken het, insluitend twee honderdtalle. Mohammed Siraj het 12 plekke verbeter na 15de op die toetsbouler-ranglys en nog ‘n Indiese snelbouler, […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gaan na verwagting vandag die media by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie toespreek oor aantygings van omkopery teen die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka. Daily Maverick beweer sy het probeer om die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh om te koop om negatiewe dekking te […]
# Die goewerneur van Texas, Greg Abbott, doen regstappe om talle Demokrate af te dank nadat hulle uit die staat gevlug het om planne te verhoed om verkiesingsgrense te verskuif. Hy het ‘n aansoek by die Hoërhof ingedien en beskryf die optrede as ’n komplot om die staatsregering te kaap. Abbott sê die vertrek van […]
# Die DA sê die Wes-Kaap se toerisme-, handels- en beleggings-bevorderingsagentskap, Wesgro, se rol in handelsbevordering is van kardinale belang terwyl Suid-Afrika nuwe wêreldwye handelsdruk ervaar, insluitend die tarief van 30-persent wat Amerika ingestel het. Wesgro het die afgelope jaar 15-miljard-rand in nuwe beleggings bekom en vyf-miljard-rand se uitvoere bemiddel. Noko Masipa van die DA sê […]
# City Power, in vennootskap met UNISA Enterprise, Afric Training College, die Departement van Arbeid, en African Bank, het ‘n groot jeugbemagtigingsinisiatief van stapel gestuur. Die program, wat in Reuven, Gauteng, bekendgestel is, sal een-duisend-200 werklose jongmense toerus met vaardighede in elektriese ingenieurswese en entrepreneurskap. Die projek is daarop gemik om jeugwerkloosheid aan te spreek […]
# Die negentigjarige Caspar Greeff het sy BCom-graad in Rekeningkunde aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Greeff, wat eers ‘n aktuaris was, het aanlyn studeer en die tegnologiese uitdagings met behulp van dosente en sy dogter oorbrug. Hy is nou ‘n simbool van deursettingsvermoë en bewys dit is nooit te laat om te leer nie. […]
# Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling, in vennootskap met die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, bied ‘n aanlyn seminaar aan wat belangrike hoofstukke van die die tweede volume van die Maatskaplike Sekerheidshersiening sal bestudeer, onder die titel “Oorbrugging van gapings: Maatskaplike Sekerheidsdekking vir Kwesbare Groepe.” Die geleentheid het ten doel om die begrip van maatskaplike beskerming in […]