# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê meer as ʼn duisend werknemers het deelgeneem aan ʼn vaardigheid-ontwikkelingsprogram. Die projek spruit uit ʼn vyfjaar vennootskap tussen die departement en Boston City Campus, wat personeel toegang gee tot geakkrediteerde opleiding vir beroepspersone. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hulle werk daaraan om arbeidsmagtekorte aan te vul, vernuwing te […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid hou die week verskeie loopnaauitstallings by sy verpleegkundekampusse en hospitale in al vyf distrikte. Die veldtog is gemik op jeugwerkloosheid deur loopbane in openbare gesondheidsorg, insluitend verpleegkunde, nood mediese dienste, fisioterapie, spraakterapie en aptekerswese ten toon te stel. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die tentoonstellings is deel […]
# Universal se nuwe weergawe van How to Train Your Dragon is die tweede naweek nommer een by Noord-Amerikaanse loket. Sony se zombie-riller, 28 Years Later met Jodie Comer en Ralph Fiennes in die hoofrolle, het sy debuut op nommer twee gemaak met Disney en Pixar se intergalaktiese avontuurfliek, Elio, in die derde plek. Die […]
# Die Ekurhuleni-metropolisie verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 37-jarige buitelandse burger in verband met die moord op twee metro-polisiebeamptes. Die twee was op nagdiens toe misdadigers hulle twee weke gelede in Umthambeka-seksie in Tembisa doodgeskiet het. Die metro-polisiedepartement se woordvoerder, Thabiso Makgato, sê nog verdagtes sal na verwagting binnekort in verband met die misdaad gearresteer […]
# Operasie Shanela in Hercules en Pretoria-Wes die naweek het gelei tot die arrestasie van 297 verdagtes vir verskeie oortredings. Dit sluit in moord, verkragting, ontvoering, gewapende roof en afpersing. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk sê ‘n padblokkade het gelei tot die aanhouding van 33 ongedokumenteerde buitelanders wat deur immigrasie-owerhede geprosesseer is:
# ʼn Nuwe studie het bevind die uitwerking van klimaatsverandering op diere-eienskappe kan baie vroeër begin as wat wetenskaplikes vermoed het. Navorsers wat op 87 naaldekokerspesies gefokus het, het bevind onderwatertoestande tydens hulle jong fase beïnvloed hulle volwasse eienskappe meer as latere fases op land. Die hoofskrywer en biologienavorser by die McGill-universiteit, professor Lars Iversen, […]
# Vandag is Internasionale Vroue-in-Ingenieurswese-dag wat die prestasies van vroue-ingenieurs en hulle bydraes tot die vorming van die wêreld vier. Die dag benadruk ook die belangrikheid van insluiting en moedig meisies en vroue aan om loopbane in ingenieurswese te volg. Volgens die 2023 Wêreldverslag oor Geslagsgapings verteenwoordig vroue slegs 29,2-perent van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese […]