# Gholf: Die Amerikaner Keegan Bradley reken hy speel tans die beste gholf van sy loopbaan. Die kaptein van die Amerikaanse Ryder-bekerspan het die Travellers-kampioenskap met 15 onder baansyfer gewen. Tommy Fleetwood van Engeland en die Amerikaner Russell Henley was saam tweede op 14 onder, gevolg deur die Australiër Jason Day en Harris English van […]
# Die Vryheidsfront Plus kritiseer die Stad Kaapstad se besluit om inwoners van die Soutrivierbrug na die informele nedersetting bekend as Ghost Town in Maitland te verskuif. Die Kensington- en Factreton- inwoners- en -belastingbetalersvereniging het kapsie gemaak teen die verskuiwing. Pieter Jansen van Vuuren van die VF Plus sê die hervestigingsplan is nie ‘n behuisingsoplossing […]
# Die Universiteit van Kaapstad se sakeskool en die Vervoeronderwys-en-opleidingsowerheid het ʼn jaar lange digitale opleidingskamp vir benadeelde jeug bekendgestel. Vyftien deelnemers sal opgelei word in data-ontleding, webtuiste-ontwikkeling en gebruikerservaringontwerp. Die program sluit internasionale ervaring in by Mexiko-stad en Shenzhen, en vermeng tegniese opleiding met loopbaanondersteuning. Die universiteit sê hierdie projek sal jongmense bemagtig in […]
# Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, waarsku dat enige Iranse aanval op Amerikaanse burgers of basisse verwoestende gevolge sal ontlok. Spanning in die Midde-Ooste het die naweek skerp toegeneem nadat Amerika drie Iranse kernaanlegte aangeval het. Shea het gister aan die VN-veiligheidsraad gesê die Iranse regering is die afgelope 40 jaar […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se demokratiese orde is gesond en geanker in ‘n vooruitstrewende Grondwet en ‘n Konstitusionele Hof wat almal se regte waarborg. Dit is vanjaar 30 jaar sedert die Konstitusionele Hof die eerste keer vergader het. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die hof het in sy trotse geskiedenis deurgaans sy […]
# Die Tshwane-metropolisie sê hy voer gereeld operasies teen dronkbestuur uit, hoofsaaklik om padsterftes te voorkom en opvoeding en bewustheid te skep oor die gevare van dronkbestuur. Sedert die begin van die maand is meer as 200 dronkbestuurders tydens optrede in die metro gearresteer. Die afgelope naweek is 64 dronkbestuurders op verskeie plekke vasgetrek. Die […]
# Die Stad Kaapstad sê as deel van sy jaarlikse skoolvakansieprogram is biblioteke en ontspanningsgeriewe hierdie winter gereed om leerders besig en aktief te hou. Saam met geliefde tydverdrywe soos binnenshuise hoekies vir bordspeletjies, geesdriftige skaaktoernooie en kleurvolle kuns- en handvlytstasies, is daar vanjaar ook opwindende nuwe ervarings. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine […]