# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is die oorweldigende gunsteling om sy Wimbledon-titel te behou nadat hy gister die Queens-toernooi in Londen gewen het. Sy oorwinning oor Jiri Lehecka van die Tsjeggiese Republiek was sy 18de agtereenvolgende een. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, wat as Alcaraz se grootste bedreiging op die All […]
# Die DA in Gauteng sê dit is onaanvaarbaar dat daar nie ‘n begroting is vir die 1,7-miljard-rand brandbeveiligings- en -voldoeningsopgradering by die Charlotte Maxeke-hospitaal nie. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko het onthul dat befondsingsopsies nog steeds ondersoek word. Jack Bloom van die DA kritiseer die vertragings terwyl die herstelwerk van die 2021 brand […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het met Zambië se president, Hakainde Hichilema, vergader om die netelige situasie oor die repatriasie van oudpresident Edgar Lungu se oorskot te bespreek. Die 68-jarige Lungu is die vyfde van die maand in ʼn Pretoriase hospitaal dood, maar nog nie begrawe nie weens ʼn geskil […]
# Die Noordwes-universiteit sê hy is ʼn vernuwende instelling wat wêreldwyd kontak het en verbind is tot uitnemendheid en maatskaplike tersaaklikheid. Quacquarelli Symonds se jongste Wêreld-universiteitsranglys plaas die instelling onder die top-agt in Suid-Afrika en die top-16 in Afrika. Die lys betrek een-duisend-501 universiteite op 105 plekke reg oor die wêreld. NWU se adjunk-visepresident vir […]
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vyf nuwelinge ingesluit by sy groep van 33 vir volgende maand se drie tuistoetse teen Frankryk, met Scott Barrett wat terug is as kaptein. Die nuwelinge is Brodie McAlister, Ollie Norris, Fabian Holland, Du’Plessis Kirifi en Timoci Tavatavanawai. Samisoni Taukei’aho en Quinn Tupaea, wat onderskeidelik […]
# Die Stad Tshwane sê herstelwerk aan die beskadigde waterpyplyn in Soshanguve is afgehandel. Die herstelwerk was ingewikkeld en het behels die hegting van ‘n ou asbespyp aan ‘n nuwer staallyn. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die herstel van waterdruk na normaal kan ‘n rukkie neem. Hy voeg by dat watertenkwaens steeds in […]
# Die Internasonale Finansiële Korporasie sê die vordering met kragopwekking in Afrika is bemoedigend. Altesaam 26-gigawatt hernubare energie is die afgelope tien jaar op die vasteland bygevoeg. Die korporasie steun Suid-Afrika se hervormings om die energiesektor vir meer beleggings oop te stel. Die liggaam se streeksnywerheids-direkteur, Sarvesh Suri, sê hulle werk saam met die Nasionale […]